Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bahnhof Hotel Aus

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Francois D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2024

Alles was perfek. Baie lekker gebly en sal beslis weer kom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riana V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2021

Gemaklike verblyf. Die houtvloere in die kamer kan steurend wees. Ongelukkig is daar nie 'n yskas nie wat waarde kan toevoeg. Koffie- en teegeriewe is in die kamer. Etes is heerlik. Die toesluit van die gaste in die aand is steurend en het met 'n groot geraas geskied. Ek het wakker geskrik. Miskien sal 'n aandwag nie 'n slegte idee wees nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frans
Bahnhof Hotel Aus
Dankie vir jou terugvoering Riana, ons neem kennis van jou opmerkings en voorstelle. Dit was n plesier om julle by Bahnhof Hotel Aus te gehad het.

Thelma B
1 nag
5.0
Jul 2021

Pragtig, skoon en lekker kos. Beste gasvrou en gasheer. Skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hendrik L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2020

Vriendelik en aangename verblyf. Heerlike aandete en ontbyt. Was aangenaam verras met die hotel, want die dorpie lyk maar so-so. Personeel was baie vriendelik en professioneel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frans
Bahnhof Hotel Aus
Dankie vir die terugvoering Hendrik. Dit was aangenaam om julle in Aus te gehad het. Groete Bahnhof Hotel Aus.

André V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2019

'n Moet in die suide van Namibië. Absoluut waarde vir geld. Ons verblyf hier was uitstekend. Die personeel was baie hulpvaardig, hulle diens uitstekend, goed geleer en die etikette van hulle diens was baie goed. 'n Baie goeie ontbyt. Aandete was ook baie goed en dan ook die verskeidenheid van koeke om saam met 'n goeie koppie koffie te nuttig. As die geleentheid weer daar sou wees sal ek beslis weer daar wil oornag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Frans
Bahnhof Hotel Aus
Beste André, Baie dankie, ons waardeer jou terugvoer en sal julle graag weer in Aus wil onthaal. Beste groete, Bahnhof Hotel Aus

Johannes V
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Sep 2019

Die Bahnhof Hotel Aus sal menige stadshotelle die ore aansit wat betref vriendelikheid, netheid en professionaliteit. Met ontvangs is ons verwelkom met ’n heerlike drankie, die vriendelikheid van die personeel het opgeval. Ons kamer was silwerskoon en die linne kraakvars. In die eetkamer was ons tafel duidelik gemerk met ’n naamkaartjie (dus nie nodig gehad om te soek nie), ons kelnerin was baie attent en die kos uit die boonste rakke.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Frans
Bahnhof Hotel Aus
Baie dankie vir u terugvoering Johannes, dit was 'n plesier om julle by Bahnhof Hotel Aus te onthaal. Hoop om julle weer eendag te sien. Groete BHA

Rona V
1 nag Saam met vriende
5.0
Sep 2018

Dit was uitstekend! Dit was net een groot plesier om daar tuis te gaan! Vriendelike diens, lekker geëet en kamers netjies en skoon!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dalene V
1 nag Saam met lewensmaat
2.8
Des 2018

Baie duur vir wat ons gekry het. Die hotel is totaal en al te duur en die kos is regtig van lae gehalte. Selfs ontbyt was glad nie spesiaal nie. Die slaapgeriewe was twee harde enkelbeddens en glo my as mens vêr gery het van Suid-Afrika af nie 'n plesier nie.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Frans Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 55

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 180
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 180
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, Aus, 0000, Karas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc0ZTE5NWI4LTYzNTctNDZhNS04YzY3LTllN2U4NTQ5NDMwYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 180 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 Main Road Aus 0000 Karas 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.66590085875 16.260178197335

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang