Ballito Manor View 601
Kry 35% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Manor View 601, 102B Compensation Beach Drive, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R3 500R2 275 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Met brander-uitsigte vanuit elke kamer én 'n lekker leefruimte, kan 'n mens nie sommer hier verkeerd gaan nie. Dié eenheid by Ballito se Willard Beach het 'n groot oopplan-kombuis met alle geriewe, 'n aparte opwaskamer by die leefarea, 'n LED satelliet-slim-TV met DStv, 'n klankbuis en 'n DVD-speler. Hierdie area lei na 'n groot balkon met 2 rusbanke, 'n tafel vir 6, en 'n gasbraai met uitsigte oor Ballito se wit strande.
Al 3 slaapkamers het en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en spieëltafel met die groot en suite-badkamer wat uit 'n dubbelwasbak, stort, lang bad, toilet en bidet bestaan. Daar is 'n kluis in die kamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n TV met 'n badkamer wat 'n stort, wasbak en toilet het. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n TV en 'n badkamer met 'n bad, wasbak en toilet.
Die hele eenheid het lugversorging en het ook 'n ysmasjien, wynyskas, koeldrankyskas, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Skoonmaakdienste is beskikbaar van Maandag tot Saterdag - handdoeke word verskaf. Die eenheid word nie op Sondae of openbare vakansiedae skoongemaak nie. Daar is onderdakparkeerplek gerieflik naby die hyser.
Die kompleks (Ballito Manor) het 'n groot swembad. Direkte toegang na die see word verkry via 'n bemande sekuriteitshek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Diners-kaart
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Rehan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Manor View 601, 102B Compensation Beach Drive, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ballito Manor View 601 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Manor View 601, 102B Compensation Beach Drive, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang