BallitoVilla
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avondale-rylaan 33, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
BallitoVilla is 'n pragtige vakansiehuis in die hartjie van Ballito. Dit is ongeveer 2 km vanaf die strand en is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende aangesien daar 'n lieflike, sprankelende swembad op die perseel is. Die huis is dus die ideale keuse vir 'n somervakansie.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en geriewe soos tee- en koffiemaakgeriewe en 'n slim-TV. Die en suite-badkamers het elkeen of 'n stort en bad of net 'n stort. 'n Paar van die slaapkamers het ook instapkaste en badhanddoeke en japonne word voorsien.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, elektriese braairooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die sitarea het lugversorging, gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix, Showmax en die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar. Die sitarea grens aan 'n privaat eetkamer waar gaste maaltye saam kan nuttig.
Die huis het ook 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en ingeboude braaigeriewe. Dit is die ideale plekkie vir gaste om kwaliteittyd saam te spandeer met 'n skemerkelkie in die hand. Die stoep lei na 'n lieflike swembad en 'n lowerryke groen tuin. Veilige parkeerplek is op die perseel en agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Phakamile Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Avondale-rylaan 33, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink BallitoVilla het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avondale-rylaan 33, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang