BallitoVilla
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avondale-rylaan 33, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
BallitoVilla is 'n pragtige vakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van Ballito en is sowat 2 km vanaf die strand geleë. Dit kan 'n ideale opsie wees vir óf 'n groot gesin óf 'n groep vriende aangesien die eiendom bederf met 'n lieflike sprankelende swembad, wat dit 'n goeie keuse maak vir 'n somervakansie.
Dié dubbelverdieping-eiendom kan altesaam 10 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het volledige geriewe soos 'n tee- en koffieskinkbord asook 'n slim-TV. Die en suite-badkamers het óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. 'n Paar van die slaapkamers het ook 'n instapkas en alle gaste word van badhanddoeke en badjas voorsien.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, elektriese rooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en tuimeldroër ook beskikbaar. Die sitkamer met lugversorging het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix, Showmax en 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Komplimentêre WiFi is oral in die huis beskikbaar. Langs die sitkamer is 'n privaat eetkamer waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Boonop het hierdie huis 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat 'n ideale plek is vir gaste om gehaltetyd saam met 'n skemerkelkie deur te bring. Hierdie patio lei na 'n lieflike swembad en 'n lowergroen tuin. Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Phakamile Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Avondale-rylaan 33, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink BallitoVilla het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Avondale-rylaan 33, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang