Balooga 2
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Marine-rylaan 123, Lawrence Rocks, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 140 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Balooga 2 is 'n selfsorg-eenheid met asemrowende see-uitsigte en direkte toegang tot die strand in 'n veilige kompleks geleë in Margate aan die Suidkus. Dié kusdorpie is bekend vir sy wonderlike strande en die kompleks is naby Margate se sakekern met 'n verskeidenheid restaurante, winkels en kafees.
Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het albei 2 enkelbeddens elk en die gedeelde badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuis-eiland dien ook as 'n etenstafel en die sitkamer is ingerig met rusbanke en 'n platskerm-TV met 'n OpenView-dekodeerder. Die skuifdeure lei na 'n onderdakstoep wat buitemeubels het.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en die gemeenskaplike swembad binne die kompleks. Shelly Beach is naby geleë en bied dolfyn- en walviskykuitstappies, skubaduik en haaihokduik.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 357
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Marine-rylaan 123, Lawrence Rocks, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Balooga 2 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lawrence Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Marine-rylaan 123, Lawrence Rocks, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang