Banana Beach Club B7
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Toucan-straat 1, Melville, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
- Vanaf R915 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Banana Beach Club B7 is 'n losstaande selfsorgkothuis wat in Melville aan die gewilde Hibiscuskus tussen Hibberdene en Port Shepstone geleë is. Dit is ongeveer 50 m vanaf die strand, bied direkte toegang vanaf die promenade en is die ideale opsie vir 'n gesinsvakansie.
Dié eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik 'n aparte badkamer met 'n bad en stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en yskas-vrieskas toegerus. Die sitarea het 2 slaapbanke vir kinders en 'n TV met Netflix, DStv Stream, Amazon Prime Video en Showmax, asook ander platforms via die slimboksie in die eenheid. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die eenheid lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en buitesitplek. Gaste het toegang tot 2 gemeenskaplike swembaddens, 'n trampolien, klimraam, vlugbalbaan, putt-puttbaan en onderdakparkeerplek. Daar is 'n wassery op die perseel wat teen 'n minimale fooi gebruik kan word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 689
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Toucan-straat 1, Melville, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Melville Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Toucan-straat 1, Melville, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang