Banana Beach Club E1
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Toucan-straat 1, Melville, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R735R662 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Banana Beach Club E1 is 'n selfsorg-chalet op die eerste verdieping in Melville aan die gewilde Hibiskuskus, tussen Hibberdene en Port Shepstone. Dit is sowat 50 m vanaf die strand geleë en bied direkte toegang tot die promenade wat dit ideaal vir 'n gesinsvakansie maak.
Dié eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 en suite-slaapkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n TV met DStv-kanale.
Die eenheid lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en sitplek. Gaste het toegang tot 2 gemeenskaplike swembaddens, 'n trampolien, klimraam, vlugbalbaan en 'n putt-puttbaan. Onderdakparkeerplek en 'n muntwassery is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 694
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Toucan-straat 1, Melville, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Melville Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Toucan-straat 1, Melville, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang