Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Baobab Tent Camp

Tentekamp
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essex-weg, Gelncoe Plaas, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Baobab Tent Camp is op 'n plaas naby Hoedspruit geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir 'n paartjie, gesin of groep vriende. Die plaas is ook die tuiste van die tweede grootste Baobabboom in Suid-Afrika.

Die pragtige, rustige kamp beskik oor 6 tente met 'n uitsig op die Drakensberge in die noorde. Elke tent het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, sowel as 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Gehalte-linne en sagte handdoeke word voorsien.

Daar is 'n lieflike swembad waar gaste van die Laeveld-hitte kan ontsnap. Elke tent het sy eie braai-area en daar is 'n gemeenskaplike kombuis met 'n mikrogolfoond.

Die kamp spog met gratis WiFi sodat gaste hulle ervaring met vriende en familie kan deel. Die gewilde Boabab Restaurant is ook op die plaas geleë en net 5 minute se stap van die kamp af. 'n Gekookte of kontinentale ontbyt is teen ekstra koste beskikbaar, en braaipakke, roomys en koeldrank kan by die restaurant gekoop word.

Vars slaaie kan soggens by die restaurant bestel word en by jou tent afgelaai word om saans saam met jou braaivleis te geniet. Baobab Tent Camp is op die Panoramaroete en 45 minute se ry van die Krugerwildtuin af.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hendrik D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie geniet, sal weer daar wil bly. Lieflike tent, privaat, naby KNP, vriendelike mense.
Aug 2024
Callie V
Saam met lewensmaat
5.0
Puik, gerieflik, klein paradys, super skoon en mooi. Ongelooflike gasvrye mense wat 'above and beyond' gegaan het met ons ontvangs. Die warm verwelkom...
Sien meer
Aug 2024
Mientjie C
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Was heerlik en fantasties.
Jul 2024
Eljane V
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Heerlik, stil omgewing, goed vir die siel in die bos.
Jul 2024
Jen W
Saam met lewensmaat
5.0
Private, clean, attractive, quiet. We highly recommend Baobab Tent Camp. Beautiful, comfortable tented accommodation. Friendly and welc...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Cecil Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Essex-weg, Gelncoe Plaas, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Baobab Tent Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essex-weg, Gelncoe Plaas, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa37441c23f1c4e86da1825c3f614bcf3d5b884e9ba701e0629afcc12fe696f0c126d47dca56df29e50d6f0ad77857e0ca338?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 Essex Road Gelncoe Farm 1380 Limpopo 021 201 8901 10:00-18:00 10:00 -24.3734125 30.8574847

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang