Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bar-t-nique Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rodgerstraat 82, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Bar-t-nique Guest House bied topgehaltevebrlyf vir sakereisigers en vakansiegangers in Mosselbaai, halfpad tussen Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth) in die hartjie van Suid-Afrika se bekende Tuinroete. Dit is 'n baie besige vakansieoord in die somer en die ideale wegbreekplek in die winter met heerlike, sonnige weer regdeur die jaar.

Die bekoorlike kamers met see-aansigte het almal lugversorging en privaat balkonne. Al die kamers het 2 enkelbeddens of koninggrootte-beddens, en suite-badkamers, TV's met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, haardroërs, yskassies en kluise. Ontbyt word daagliks voorberei en in die eetkamer bedien wat 'n ongeëwenaarde uitsig oor die hawe en die Indiese Oseaan bied.

Daar is 'n swembad, eerlikheidskroegie en 'n sitkamer. Die gastehuis is naby gholfbane, strand en talle gewilde restaurante. Daar is legio doendinge in Mosselbaai, soos voetslaan, haaihokduik, swem by veilige swemstrande en watersport. Gaste kan ook op 4x4-wildritte gaan, op bootritte om Robeiland gaan en in seisoentyd walviskyk.

Die gastehuis het 'n manjifieke, panoramiese uitsig oor Mosselbaai se hawe, die Indiese Oseaan en die Outeniekwaberge. Dit is die perfekte bestemming as jy die pragtige Tuinroete se besienswaardighede wil besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Christelle B
Saam met lewensmaat
5.0
Sal enige tyd weer boek by Bar-t-nique. Staff was vriendelik en behulpsaam. Beste diens, lekkerste ontbyt.
Jan 2024
Nico S
Gesin met klein kinders
5.0
Hoog. Baie mooi see uitsig. Lekker ontbyt.
Des 2023
Annette V
5.0
Uitstekend. Pragtige gastehuis met fantastiese diens.
Des 2023
Melissa D
Saam met lewensmaat
5.0
Uitmuntend, vriendelike en pragtig. Uitmuntende diens. Vriendelike mense. Baie lekker ontbyt. Sal weer terug gaan soontoe.
Jan 2023
Lizelle V
Gesin met tieners
5.0
Pragtige plek. Uitsonderlike, puik diens. Baie vriendelik. Baie skoon.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Rodgerstraat 82, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bar-t-nique Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rodgerstraat 82, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg5Y2RmYTVkLTVmMmItNDFhMy1iNWEwLWE5ODg4MWFmNGYzMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 82 Rodger Street Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.1857389 22.1461357

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang