Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Yashveer R
Kort verblyf
5.0
Feb 2024

Breathtaking. Excellent, joyful and memorable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jaco L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Baie lekker vir iemand met groot honde! Ons het 2 groot honde saam geneem. Hulle het die spasie geniet en dit was lekker om te weet hulle kan rondhardloop en nie êrens uitkom nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jolandi
Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Baie bly julle en julle hondekinders dit geniet! Groete, Jolandi

Charani G
Lang verblyf Gesin met tieners
4.8
Des 2023

Onvergeetlik, asemrowend mooi, vredevol. Baie mooi, groot netjiese huis. Ongelooflike mooi see-uitsig, hoor die golwe breek al dag en nag. Verlief op die stoep! Die tuin hekkie af see toe was die 'cherry' op die koek! See is paar meter van jou af en glad nie moeilik om by uit te kom nie. Jolandi was altyd beskikbaar en vriendelik. Sal beslis weer daar wil gaan vakansie hou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Jolandi
Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Dankie Charani. Waardeer jou positiewe terugvoer. Julle is gaste wat ons enige tyd sal aanbeveel en wat ons plek baie mooi skoon en netjies agtergelaat het. Groete, Jolandi

Isabel V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jun 2024

Lekker groot stoep met perfekte uitsig is die hart van die huis. Die huis is groot en ruim, maar ongelukkig vol van onversorgde oudhede, boeke en bord speletjies. Die somber, koue gevoel van die huis was gou vergete sodra ons op die stoep begin kuier het. Pragtige uitsig, en walvissie was oral te sien. Die oop en toesluit van die hek af na die strand is 'n uitdaging met die elektriese heining in plek. Ons hondekind het die groot grasperk geniet. Ons het in die rooi kamer geslaap en die bed was van goeie gehalte en gemaklik. 'n Spieël anders as dié van die klein kassie sal welkom wees. Geen aanwysings oor hoe om die waterpomp aan te sit nie. Gelukkig het my vriend kennis en kon ons dit vinnig aan die gang kry vir warm water in die gerieflike stort. In die kombuis is daar genoeg eetgerei, 'n groot ys-/vrieskas en 'n skottelgoedwasmajien as 'n bonus. As dit nie vir die wonderlike stoep was nie, sou ons dalk anders gevoel het oor 'n terugkeer.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Tino P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.6
Apr 2024

Rustig, natuurskoon is mooi. Weg van alles. Die huis is goed geleë teen die see en is ook naby aan basiese winkels. Algemene omgewing vat jou uit die besige Noordkus.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Karen M
Kort verblyf
4.8
Okt 2023

Fantasties! Daai stoep is die hart van die plek. Het die hele dag en nag die stoep geniet. Baie dolfyne en walvisse gesien, sommer van die stoep af. Die strand is awesome en 'n maklike loop afstand.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Cariin H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Okt 2023

Dit is 'n stukkie hemel op aarde. Fantastiese uitsig teen 'n bekostigbare prys.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nellini P
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Apr 2023

Beautiful beach house. Perfect stay with our family and older children. High ceilings and beautiful ocean views. The patio overlooking the beach is huge and undoubtedly the best feature of the house, we spent all of our time outside. Well stocked kitchen with gas in case of load shedding. The place also has back up in case of water issues. Will definitely return.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Carien G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2022

Weereens 'n onvergeetlike kuier. Dit was ons tweede kuier, maar beslis nie ons laaste nie. Van netheid, veiligheid, vriendelike diens en die perfekte ligging kry Barracuda Boulevard volpunte. Baie dankie Jolandi dat ons weer van julle huis gebruik kon maak, dit bly die beste blyplek in Hibberdene.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jolandi
Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Dankie Carien. Dit maak ons harte bly as ander families ook die samesyn in die familie huis, by die mooie see en die wye strand, kan geniet en waardeer. Julle is altyd welkom.

Tielman A
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Jul 2022

Kort, maar baie lekker. Ons het Baracuda Boulevard 670 baie geniet. Dankie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jolandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R5 100
per nag, vir 12 mense
Vanaf
R5 100
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baracuda Boulevard 670, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3fd58ecd85228c22576f188b2ffa9207241057363975b45f938cb688ede6394615ae4ba04f739ff12a2daa28e52d984b9875?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 100 per nag, vir 12 mense 36 5 1 5 Baracuda Boulevard 670 Hibberdene 4220 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.576825151239 30.574459423943

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang