Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jolandi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 9 jaar

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 36 resensies vir Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5
Yashveer R - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yashveer R

Breathtaking.

Excellent, joyful and memorable.

Jaco L - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco L

Baie lekker vir iemand met groot honde!

Ons het 2 groot honde saam geneem. Hulle het die spasie geniet en dit was lekker om te weet hulle kan rondhardloop en nie êrens uitkom nie.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Baie bly julle en julle hondekinders dit geniet!
Groete,
Jolandi

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Charani G - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Charani G

Onvergeetlik, asemrowend mooi, vredevol.

Baie mooi, groot netjiese huis. Ongelooflike mooi see-uitsig, hoor die golwe breek al dag en nag. Verlief op die stoep! Die tuin hekkie af see toe was die 'cherry' op die koek! See is paar meter van jou af en glad nie moeilik om by uit te kom nie. Jolandi was altyd beskikbaar en vriendelik. Sal beslis weer daar wil gaan vakansie hou.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Dankie Charani. Waardeer jou positiewe terugvoer. Julle is gaste wat ons enige tyd sal aanbeveel en wat ons plek baie mooi skoon en netjies agtergelaat het. Groete, Jolandi

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Isabel V - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Isabel V

Lekker groot stoep met perfekte uitsig is die hart van die huis.

Die huis is groot en ruim, maar ongelukkig vol van onversorgde oudhede, boeke en bord speletjies. Die somber, koue gevoel van die huis was gou vergete sodra ons op die stoep begin kuier het. Pragtige uitsig, en walvissie was oral te sien. Die oop en toesluit van die hek af na die strand is 'n uitdaging met die elektriese heining in plek. Ons hondekind het die groot grasperk geniet. Ons het in die rooi kamer geslaap en die bed was van goeie gehalte en gemaklik. 'n Spieël anders as dié van die klein kassie sal welkom wees. Geen aanwysings oor hoe om die waterpomp aan te sit nie. Gelukkig het my vriend kennis en kon ons dit vinnig aan die gang kry vir warm water in die gerieflike stort. In die kombuis is daar genoeg eetgerei, 'n groot ys-/vrieskas en 'n skottelgoedwasmajien as 'n bonus. As dit nie vir die wonderlike stoep was nie, sou ons dalk anders gevoel het oor 'n terugkeer.

Tino P - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Tino P

Rustig, natuurskoon is mooi. Weg van alles.

Die huis is goed geleë teen die see en is ook naby aan basiese winkels. Algemene omgewing vat jou uit die besige Noordkus.

Karen M - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karen M

Fantasties!

Daai stoep is die hart van die plek. Het die hele dag en nag die stoep geniet. Baie dolfyne en walvisse gesien, sommer van die stoep af. Die strand is awesome en 'n maklike loop afstand.

Cariin H - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cariin H

Dit is 'n stukkie hemel op aarde.

Fantastiese uitsig teen 'n bekostigbare prys.

Nellini P - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Nellini P

Beautiful beach house.

Perfect stay with our family and older children. High ceilings and beautiful ocean views. The patio overlooking the beach is huge and undoubtedly the best feature of the house, we spent all of our time outside. Well stocked kitchen with gas in case of load shedding. The place also has back up in case of water issues. Will definitely return.

Carien G - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carien G

Weereens 'n onvergeetlike kuier.

Dit was ons tweede kuier, maar beslis nie ons laaste nie. Van netheid, veiligheid, vriendelike diens en die perfekte ligging kry Barracuda Boulevard volpunte. Baie dankie Jolandi dat ons weer van julle huis gebruik kon maak, dit bly die beste blyplek in Hibberdene.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Dankie Carien.
Dit maak ons harte bly as ander families ook die samesyn in die familie huis, by die mooie see en die wye strand, kan geniet en waardeer.
Julle is altyd welkom.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Tielman A - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Tielman A

Kort, maar baie lekker.

Ons het Baracuda Boulevard 670 baie geniet. Dankie.

Carien G - Jun 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carien G

Beste vakansie ooit.

Pragtige, skoon, veilige huis, beste ligging reg op die see. Groot stoep vir lekker familie kuier en die mooiste kombuis met alles wat jy nodig het. Baie dankie vir 'n onvergeetlike vakansie.

Madelaine S - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madelaine S

Fantasties.

Ek en my 2 hondeseuns het dit baie geniet. So reg op die strand! Die huis het alles wat mens nodig het. Het dit so geniet, ek het my verblyf met 'n paar dae verleng. Ek het die plek alreeds aan familie en vriende adverteer en ons sal beslis weer gaan.

Cora M - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cora M

Wonderlik. Beste vakansie ooit.

Hierdie huis is letterlik op die stand. Was wonderlik met klein kindertjies, want jy kon vinnig op hardloop as jy iets moes gaan haal. Heerlike rotse vir as jy wil visvang en poele waar die kinders kon baljaar en klein vissies vang. Binne loopafstand van die hoofstrand met restaurant, maar ons het sommer net reg voor die huis geswem. Was heerlik sal dit beslis vir 'n gesin of groep mense aanbeveel.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Dankie Cora,
Dis net soos jy se, dis 'n familiehuis reg op strand en 'n paradys vir kinders.
So bly jul kon dit geniet vir wat dit is.
Liefde.
Jolandi

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Sonja S - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Sonja S

Ek was effens teleurgesteld in die algemene versiering van die huis.

Ek het 'n meer moderne aanslag verwag. Ons groep was dit eens dat dit lyk of die eienaar al die ou meubels waarvan hulle ontslae wil raak gebruik by die vakansiehuis. Wees verseker dat die buurvrou die eienaar se wag is. Ons het die gevoel gekry daar was deurentyd 'n verslag gegee van ons doen en late. Dit was nogal onaangenaam. Die huis is goed geleë, heerlike grasperk waar die hondjies kon speel. Die oopplan-sit-/eetkamer en kombuis is 'n goeie idee. Die sementvloere het my afgesit, lyk afgeskeep, maar dis seker vir die eienaar 'n meer gerieflike opsie. Die stoof is hoog ingebou, baie ongemaklik aangesien ons almal korterig is. Dieselfde met die ingeboude braai, maar goed geleë naby die kombuis. Die kamers kom donker en depressief voor, groter vensters of self skuifdeure in die kamers sal dalk 'n beter opsie wees. Ons was 9 gaste, die 3 badkamers was 'n pluspunt. Maar hierdie is ons opinie, dit bly die eienaar se stukkie paradys.

Johan En Ronell T - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Johan En Ronell T

Was heerlik, mooi see-uitsig maar daar is heelwat tekort in huis, soos wasmasjien om dit vir mens gemakliker te maak, stort het nie lekker gewerk nie, warm kraan kombuis werk nie, ek sal sê as daar nie wasmasjien is nie, dat daar ten minste wasgoedpennetjies vir gaste gegee word om wasgoed op te hang, strykplank en strykyster ook gegee word. Verder was beddegoed skoon en netjies en huis skoon. Ons verblyf was lekker.

Huis sit op regte plek waar mens maklik toegang tot strand kon kry.

Tielman A - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tielman A

Ons het die naweek terdeë geniet, alhoewel dit die hele tydperk gereën het het die walvisse op gemaak daarvoor. Hulle het ons die hele tyd vermaak met hulle spronge en duike

Ons sal beslis weer gebruik maak van Baracuda Bouevard 670 veral as ons 'n famielie saamtrek het Daar is genoeg slaap plek en kuier plek vir 'n groot gesin

Letce D - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Letce D

The most amazing view and such a lovely house!

We loved our stay and will definitely visit again!

Rene N - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rene N

Heerlike vakansie by die see met wonderlike uitsig.

Baie dankie vir die heerlike verblyf, ons was bevoorreg om jul familievakansiehuis te kon gebruik. Ons het die tyd baie geniet, die weer het nie saamgespeel nie maar die lekker ruim stoep het daarvoor opgemaak. Die alarm het 'n paar keer afgegaan, maar dit was seker net die elektriese heining en die nattigheid. Gladiator het dit so verstaan en aanvaar. Die huis is so volledig toegerus, alles was daar wat benodig was. My gunsteling was die marmerblad in die kombuis, elke vrou se droom. Baie dankie weereens. Ons kan Baracuda Boulevard regtig aanbeveel vir enige familie, van klein tot 'n groot gesin, daar is genoeg plek vir almal.

Herman C - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Herman C

Dit is eenvoudig Hemel op Aarde.

Jy kry nie 'n beter see uitsig nie. Die huis is netjies en het alles wat jy nodig het. Lekker groot kuier stoep waar jy lekker kan braai en luister na die branders wat op die strand breek. Lekker om die beams te stel terwyl jy buite op die stoep kuier wat maak dat jy meer veilig voel. Die sekeriteits maatskappy is vinnig om te reageer as die alarm afgaan. Hul het 'n paar keer uitgekom nadat die elektriese heining afgegaan het maar daar was niks nie en ons vermoed die heining moet net 'n goeie diens kry. Ons kon ons hondjie ook saamvat en hy het net so lekker saam gekuier. Sal beslis die plek aanbeveel. Daar is plek vir baie mense. Dit was eenvoudig hemels gewees.

Johan B - Nov 2020
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Johan B

Mooi uitsig, mooi huis en lekker stoep. Maar heelwat teleurstelling ook.

Elektriese heining laat alarm afgaan as dit reën m.a.w. jy kan hom nie gebruik in reën weer nie (wat meer as helfde van die tyd is). Is gerapporteer aan die eienaar en sekuriteitsmaatskappy op dag 3. Op dag 7 was dit steeds nie reg toe ons gery het nie. Hek se motor maak nie oop en toe soos hy moet nie. Hy hak vas of maak self entjie oop. Ketting wat hek na strand sluit maak dit moeilik om nie deur heining geskok te word nie, skuifslot sal beter werk. Persoon wat huis skoonmaak het sleutels en volle toegang en het eendag net opgedaag en ingekom onverwags. Mens kry die eienaars of enige iemand nie dadelik in die hande om probleme uit te sorteer nie en dit voel of dit maar jou eie probleem is. Stoep is baie lekker en mooi uitsig en huis is teen die see wat die positiewe punte was. Ons het ongelukkig ‘n dag vroeër teruggekom a.g.v. die probleme. Het eienaar gekontak oor die bostaande na ons terugkeer sodat ek nie die tipe resensies hoef te gee nie, maar my boodskap was slegs geluister en daar was geen terugvoering gegee nie m.a.w. ek weet nie of dit regtig saak maak nie. Dus moet ek dan maar die eerlike opinie gee hierso sodat dit kan verbeter vir ander gaste.

Sonya P - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Sonya P

Beste.

Die huis was baie skoon, oopplan met 'n ongelooflike stoep. Dit het die hele week gereën en die stoep was 'n reddingsboei. Ons sal definitief hierdie vakansiehuis weer besoek. Die strand voor die huis was skoon en ons kon ver stap. Ons het dit baie geniet.

Lyn L - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lyn L

Asemrowende see-uitsig!

Ons het baie gerieflik gebly, alles wat ons nodig gehad het. Stil en rustige omgewing. Sal beslis weer daar gaan bly. Onthou net verkyker om na walvisse en dolfyne te kyk.

Michael M - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michael M

Excellent value for money and superb location.

The hosts were very informative and helpful.

Corne M - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corne M

'n Vakansiehuis wat alles bied wat jy benodig en op die strand is!

Die huis bied alles wat mens nodig het en die ligging is perfek. Paar tree tot op die strand. Ons het die rustigheid geniet en ons sal definitief dit aanbeveel vir ander.

Gabriel H - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gabriel H

Baracuda Boulevard is dié adres vir 'n naweek by die see!

Positiewe aspekte: sekuriteit, ligging en uitsig oor die see, afstand vanaf die see, grootte van kamers en spasie in die kombuis, daardie stoep met sy stoepmeubels asook die braaiplek sowel as die spasie in die toesluitmotorhuis. Negatiewe aspekte: die naweek was te kort.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Baie dankie vir jul vriendelikheid en oop gemoed waarmee jul ons plekkie aanvaar, waardeer en geniet. Julle is ons oë vir klein dingetjies wat ons aan gewoond raak!
Mooi loop en kom gerus weer.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Martin G - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martin G

Perfect place.

We had a wonderful family experience. I will definitely be visiting again with the family.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Thank you so much.

I am glad for you to have had a good time with the family.
Thank you for leaving the place clean and neat, you were wonderful guests.
Come visit again.

Greetings
Mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Gabriel H - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gabriel H

Ligging, spasie, toerusting, sekuriteit.

Die enigste item wat aandag benodig is die oond se boonste element wat nie werk nie. Al die ruimte was wonderlik: kombuis, woonvertrek, stoep. Die stort langs die klein slaapkamer is besonders. Ons kon heerlik uitrus.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Goeiedag,

Baie dankie vir die terugvoer en nota oor die stoof. Ons sal dadelik werk maak daarvan.
Dankie dat julle sulke maklike gaste was.

Geseënde dag verder.

Groete
Mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Jaco L - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco L

Netjies, skoon en lekker naby aan die see.

Die huis was groot genoeg vir twee gesinne van 5 en 4 onderskeidelik saam met Oupa en Ouma. Netjies en skoon met genoeg borde, bekers, messe en vurke. Die oopplankombuis, eetkamer, TV-kamer en stoep laat niemand ooit nie deel van die geselskap voel nie. Die feit dat die huis direkte toegang tot die strand het was seker die hoogtepunt, want dit was maklik om vinnig met 'n kind wat die badkamer wil gebruik terug te kom huis toe.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Dankie Jaco,
Julle was dierbare geduldige gaste en so vergewensgesind.
Was lekker om julle te gehad het.
Moie 2018 verder.
Mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Nadeanne N - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nadeanne N

Heerlik rustig en privaat.

Groot ruim huis, lekker op die strand! Ideaal vir 'n groot groep mense. Ons vakansie was heerlik!

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Awh dankie nadeanne. Waardeer jou tyd om terugvoer te gegee het. Dankie vir die oog wat jy vir ons daar was.
Mooi loop vorentoe.
Mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Yolandy S - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Yolandy S

Heerlik gekuier, lekker groot huis, met alles in wat jy nodig het.

Ons het 'n wonderlike tyd gehad. Die huis is groot en ruim. Dis 'n lekker kuier huis vir groot groep mense.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Dankie. Ek waardeer die tyd wat jy geneem het om kommentaar te lewer. Goed gaan.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Liz M - Nov 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liz M

Lovely accommodation. Nice big garden, braai area, beach with rock pools. Can't ask for more.

We had a fabulous weekend with the family at Baracuda Boulevard. Walking straight onto the beach was such a bonus. The children and dogs, in fact ALL of us had such a great time. Can't wait to go back.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Thank you for the kind words.
You were wonderful guests.
Life is good to grateful people.
Regards
Mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Kenneth D - Jun 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kenneth D

Beautiful, spacious and right on the beach.

We had the most amazing stay in this beautiful home. Everything was so well-planned. The layout of the house, right down to the non-slip bedside rugs! Important for the elderly! It was a home away from home experience. We would certainly go back anytime. So safe for little children too.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Thanx so much. We appreciate your kind words, it was a pleasure having you.
Greetings
Mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Riekie B - Jan 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riekie B

Baie rustig, pragtige huis met 'n ongelooflike uitsig oor die see.

Ons het 'n wonderlike vakansie gehad. Die huis is baie goed geleë. Baie vriendelike diens van die eienaar ontvang. Dit is 'n lieflike plek en maak voorsiening vir oud en jonk, groot en klein. Sal definitief weer terugkeer vir 'n vakansie!

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Baie dankie.
Dit is wonderlik as gaste ook jou eie wegkruip-plekkie kan waardeer.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Marike R - Jun 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marike R

Heerlike rustige ligging, vir die reisiger wat net wil ontspan weg van alles, met hulle voete in die golwe!

Baracuda is goed ingerig en baie veilig, die uitsig is lieflik, die strand op jou voorstoep en lieflik privaat. Verder was dit heerlik om met my honde te kon reis. Hulle het die erf en strand terdeë geniet! Sal verseker terug gaan!

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Baie danki vi terugvoer...waardeer! Groetnis, mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Katinka K - Apr 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Katinka K

Heerlike huis op die strand met al die nodige geriewe vir 'n moeite-vrye vakansie.

Heerlike groot en gerieflike huis. Die feit dat dit op die strand is, was 'n definitiewe pluspunt. Ons het die paar dae terdeë geniet.

Maritsa N - Des 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Maritsa N

Die huis was groot, ruim en skoon.

Alles wat ons nodig gehad het was klaar daar. Die huis het mens laat tuis voel en op ons gemak. Baie lekker gekuier op die stoep.

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670 se terugvoer

Baie dankie vir terugvoer! Waardeer baie... Groetnis, mia

Hibberdene, Baracuda Boulevard 670
Vanaf
Vanaf R5 100
per nag, vir 12 mense
Vanaf
R5 100
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baracuda Boulevard 670, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3fd58ecd85228c22576f188b2ffa9207241057363975b45f938cb688ede6394615ae4ba04f739ff12a2daa28e52d984b9875?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 100 per nag, vir 12 mense 36 5 1 5 Baracuda Boulevard 670 Hibberdene 4220 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.576825151239 30.574459423943

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang