Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Barberton Mountain Lodge

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Thomas H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Heerlik gekuier op hierdie spesiale plekkie. Sjoe, wat 'n voorreg om op so 'n spesiale plekkie te kon bly! Ons het 4 nagte oorgeslaap in die Houthuisie in Oktober. Pragtige uitsig oor omliggende bergskap en Barbeton. Dis redelik oud, nie baie ruim, maar uitstekend toegerus en ons het sommer gou daarop verlief geraak. Die Berghuisie het beslis 'n ruimer stoep en sal koeler wees, want dis van klip. Die fotos op die webwerf wys die Berghuisie, beslis ruimer en meer luuks as die Houthuisie. Ons het daar bespreek, maar daar was glo 'n probleem met die waterpomp met ons aankoms. Eerste dag was vreeslik warm, soos net 'n houthuis kan wees, maar daarna was dit koeler weer. Die plonspoel is klein, maar lekker vir afkoel. Die eienaar is baie gaaf en gaan uit sy pad om te help waar nodig, sonder om opdringerig te wees. Die ligging is fantasties, so 'n paar kilometers bergop met 'n redelike goeie maar steil grondpad wat ons Jimny 4x4 geen probleme gegee het nie. Barbeton bied baie dinge om te doen, ons het die Eureka stad en Eureka Pas gedoen met Wynand van Dusty Tracks, ook die ou goudmyn en dit was oor en oor die geld werd. Die geo-trail was ook 'n openbaring en ons het 'n lekker piekniek ingepak vir die roete.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liesbet P
1 nag Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Opwindende ervaring. Baie dankie! Baie lekker ten spyte van vriesende koue weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Reinette V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Baie beslis die moeite werd gewees. Stil plek, in die natuur. Die beste plek waar ek nog oorgebly het, gasheer so behulpsaam en vriendelik. Skoon en netjiese plek weg van die stad se geraas, sal beslis weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ansie H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2024

Heerlike kalm atmosfeer, met die mooiste uitsig. Baie vriendelike diens gekry. Dit was baie lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Veronica S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Totale stilte en rustigheid, weg van die besige stadslewe. Die Barberton Mountain Lodge is 'n pragtige plek en toegerus met alles wat nodig is vir jou verblyf. Die eienaar is baie vriendelik en het ons onmiddellik tuis laat voel. Die uitsig is onbeskryflik mooi. Dit is heerlik stil met net die klank van die natuur. Ons kan dit definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sundra
Barberton Mountain Lodge
Baie dankie Veronica. Dit is ons plesier. Julle is altyd baie welkom hier op die Mukwana Berg! God seën.

Esme E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Asemrowend. 'n Heerlike ruskans in die beeldskone natuur. Ons het 'n ongelooflik lekker wegbreek gehad, die huisie was perfek, die uitsig asemrowend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Selwyn E
Kort verblyf
4.6
Des 2024

Rustig, ontspannend en 'n baie vriendelike gasheer! Ons gasheer was baie vriendelik en behulpsaam gewees. Ons het net die volgende probleme ervaar: 1. Die huisie kort dringend aandag. Die hout is besig om te vrot en die dak op die stoep se plate is los en dit lek. 2. As dit reën, is die stoep tot binne in die huis pap sopnat. 3. Ons het 2 groot storms gehad en tot die krag het getrip gedurende 'n storm. 4. Die een slaapkamer is baie klein. Verder was die klein splashpool baie lekker gewees en die rustigheid en storms in die berge is net wat ons gesoek het! En ook om ons eie vinnige WiFi te gehad was 'n baie groot bonus! Weereens baie dankie vir jou vriendelikheid en hulp. Ons waardeer dit opreg!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Andre S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Des 2024

Heerlike rustige blyplekkie. Dit was ons tweede keer wat ons hier gebly het. Heerlik rustig daar. Die plekkie kort 'n bietjie instandhouding, maar die badkamer kort dringend aandag.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hanlie R
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Sep 2024

Fantasties, asemrowende mooi berg uitsig. Ek kan Barberton Mountain Lodge aanbeveel. Eienaar is vriendelik en 24/7 beskikbaar.

Netheid
1.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Apr 2024

Gekanselleer deur eienaar. Ons kon ongelukkig nie gaan nie, eienaar het laat weet dat daar internasionale gaste is waarmee hy commitment het en moet eer. Hy het egter ons koste vergoed en 'n gratis naweek aangebied. Ons sal sien of dit sal gebeur. So ek merk maar alles 4/5 voorlopig soos meeste gaste se terugvoer is. Ek wil nie die plek slegpraat nie. Die eienaar het omverskoning gevra en aanvaar.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sundra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mukwana Heights, Barberton, 1300, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9a742438e32a850f3419ea165d5ee3cc2b3e216dba994296a9c31488496bc7421e6d810b84b49b3cdc7d1c56f49e8c55190?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 83 5 1 5 Mukwana Heights Barberton 1300 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.807605690982 31.047889292168

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang