Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Barberton Mountain Lodge

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mukwana Heights, Barberton, 1300, Mpumalanga
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Barberton Mountain Lodge is 'n selfsorg-lodge in die prentjiemooi berge van Barberton in Mpumalanga. Dit is ideaal vir 'n romantiese wegbreek vir 'n paartjie of 'n rustige wegbreek vir 'n klein gesin. Dit is ook naby 'n verskeidenheid buitelug-aktiwiteite.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede met slaapplek vir 8 gaste. Die Berghuisie bied slaapplek aan maksimum 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n kombuis, 'n kaggel in die sitarea en 'n gedeelde badkamer met 'n bad. Die kothuis het ook 'n houtdek met 'n berguitsig, 'n braai-area met hout wat voorsien word en 'n varswaterrotspoel met 'n pragtige uitsig oor die Afrika Laeveld-sonsondergang.

Die Houthuisie is op stelte gebou en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof en ander toestelle toegerus. Die sitarea het netjiese en gemaklike sitplek en 'n elektriese verwarmer. Daar is 'n houtetenstafel met sitplek vir 4. Die Houthuisie het braaigeriewe en 'n rotspoel. Daar is ook 'n onderdakstoep met sitplek vir 4 wat 'n pragtige uitsig oor die sonsondergang bied. Die eenheid is versteek tussen bome en 'n pragtige omgewing en bied algehele privaatheid en veilige parkeerplek.

Barberton Mountain Lodge is afgesonder en word omring deur ou berge en volop natuurlike prag, voëls en ongelooflike uitsigte oor die Barberton-vallei. Hier kan gaste unieke fauna, flora en geskiedenis in die Barberton-area en die Makhonjwa-berge ervaar. Daar is ook 'n rits buitelug-avonture om aan te pak insluitend bergfietsry, valskermsweef en voetslaan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Reinette V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie beslis die moeite werd gewees. Stil plek, in die natuur. Die beste plek waar ek nog oorgebly het, gasheer so behulpsaam en vriendelik. Skoon en n...
Sien meer
Aug 2024
Ansie H
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike kalm atmosfeer, met die mooiste uitsig. Baie vriendelike diens gekry. Dit was baie lekker!
Jul 2024
Veronica S
Saam met lewensmaat
5.0
Totale stilte en rustigheid, weg van die besige stadslewe. Die Barberton Mountain Lodge is 'n pragtige plek en toegerus met alles wat nodig is vir jou...
Sien meer
Apr 2024
Esme E
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. 'n Heerlike ruskans in die beeldskone natuur. Ons het 'n ongelooflik lekker wegbreek gehad, die huisie was perfek, die uitsig asemrowend.
Apr 2024
Nitasha O
5.0
Excellent lodge and super friendly owners. Wayne and his partner are such warm, kindhearted human beings. Always willing to assist over...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sundra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 78

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Mukwana Heights, Barberton, 1300, Mpumalanga
  • Gaste dink Barberton Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Barberton Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mukwana Heights, Barberton, 1300, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9a742438e32a850f3419ea165d5ee3cc2b3e216dba994296a9c31488496bc7421e6d810b84b49b3cdc7d1c56f49e8c55190?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 78 5 1 5 Mukwana Heights Barberton 1300 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.807605690982 31.047889292168

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang