Barefoot Bay
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kingfisher-laan 32, Driftwood Cove, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Barefoot Bay is net 200 m vanaf Melvillestrand en is 'n pragtige selfsorgwoonstel in die hartjie van Pumula, Port Shepstone. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek aangesien daar 'n lieflike swembadarea is.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met stroomdienste. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die kompleks is net 'n entjie vanaf 'n gesinsvriendelike strand en 'n getypoel geleë. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike braai-area en veilige parkeerplek is in 'n enkelmotorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Kingfisher-laan 32, Driftwood Cove, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Melville Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kingfisher-laan 32, Driftwood Cove, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang