Barnacles
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
-
Vanaf
R600R510 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Barnacles, aangebied deur Annette en Colin, bied 4 woonstelle met see-uitsigte en is in Witsand geleë. Kom geniet die ongerepte riviermonding van die Breederivier, waar mens kan swem, visvang, stap en ontspan asook walviskyk gedurende walvisseisoen.
Barnacles, is 'n 1 slaapkamer woonstel wat gemeubileer is met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n lieflike groot stort, wasbak en toilet. Die sitkamer, eetarea en kombuisie is oopplan. Ander geriewe sluit 'n slaapbank vir 'n kind of derde persoon in.
Die Jolly 2, is 'n oulike en knus eenslaapkamerwoonstel wat gemeubileer is met 'n dubbelbed en 'n badkamer wat toegerus is met 'n lieflike groot stort, wasbak en toilet. Die sitarea is oopplan met 'n kombuisie en eetarea. Daar is 'n slaapbank vir 'n kind of derde persoon. Hierdie eenheid is klein maar deftig en geskik vir 2 mense.
The Pansy Shell het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed met see-uitsig en die tweede kamer het 'n dubbelstapelbed wat bestaan uit 'n driekwart onderste stapelbed en 'n enkel boonste stapelbed. Die leefarea is oopplan met 'n kombuisie, sitkamer en eetarea. Daar is 'n draagbare binne- en buitebraai.
Searenity bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Linne, badhanddoeke en basiese kombuistoerusting word voorsien, maar gaste moet kennis neem dat hulle asseblief hul eie braairooster, badhanddoeke en herlaaibare lig vir beurtkrag moet saambring. Die kombuistoerusting sluit 'n yskas, mikrogolf, ronde konveksie-oond, tweeplaatgas- of elektriese stoof, ketel en broodrooster in. Al die eenhede het 'n patio met buitemeubels en 'n braai. Die eenhede het ook TV met Netflix, YouTube en ander voorafgelaaide toepassings.
Barnacles is net 'n minuut se stap van 'n Blouvlagstrand af. Barnacles is ook goed geleë vir daguitstappies na die Tuinroete-area. Witsand het 2 klein winkeltjies wat die basiese benodigdhede voorsien. Daar is 4 restaurante met kaartfasiliteite in Witsand.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Colin Leonard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 157
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Barnacles het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang