Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Barnacles

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 R510 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Barnacles word deur Anette en Colin bestuur en bied 4 eenhede met see-uitsigte in Witsand. Gaste wat hier bespreek kan die prag van die Breederivier geniet waar hulle kan swem, visvang, wandel en ontspan. Hou ook 'n oog uit vir walvisse tydens seisoen.

Die Barnacles-eenheid is 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die sitarea, eetarea en kombuisie het 'n oopplan-uitleg en ander geriewe sluit 'n slaapbank vir 'n derde gas of kind in.

Die Jolly 2-eenheid is 'n bekoorlike en knus eenslaapkamerwoonstel met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die sitarea, leefarea en kombuisie het 'n oopplan-uitleg en ander geriewe sluit 'n slaapbank vir 'n derde gas of kind in. Alhoewel die eenheid knus is, is dit perfek vir 2 gaste.

Die Pansy Shell-eenheid het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n see-uitsig en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n driekwartbed onder en enkelbed bo. Die leefarea het 'n oopplan-kombuis, sitarea en eetarea. Daar is ook 'n draagbare braai vir binne- en buite-braai.

Die Searenity-eenheid is geskik vir 5 gaste en beskik oor 2 slapakamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n 'n dubbel- en enkelbede. Die gaste deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en wasbak het.

Linne en die basiese kombuisgeriewe word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie braairooster, handdoeke en herlaaibare liggies saambring in die geval van beurtkrag. Die kombuisgeriewe sluit 'n yskas, mikrogolfoond, konveksieplaat, tweeplaatgasstoof of elektriese stoof, kete en broodrooster in. Al die eenhede het 'n stoep met buitemeubels en 'n braai. Daar is ook 'n TV met Netflix, YouTube en ander programme in elke eenheid.

Die eiendom is net 'n entjie se stap vanaf 'n Blouvlagstrand en is ideaal geleƫ vir gaste wat die Tuinroete wil besoek. Witsand het 2 klein winkels wat die basiese voorsien en daar is 4 restaurante wat van kaartgeriewe gebruik maak.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereƫl
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereĆ«l
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • VoĆ«lkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 157 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Estee D
Saam met lewensmaat
5.0
Witsand is altyd 'n wonderlike rustige wegbreek. Dit was 'n goeie verblyf. Skoon, netjies en sentraal. Alles wat jy nodig het is in die eenheid beskik...
Sien meer
Mrt 2024
Bennie E
4.8
Baie gerieflik, skoon en vriendelike gasheer. Dankie, Colin! Sien sterre.
Jul 2023
Noeline S
Saam met lewensmaat
4.8
Was heerlik en die gasheer was baie vriendelik en behulpsaam. Daar was net ongewenste gaste wat baie geraas het een aand dwarsdeur die nag. Gasheer he...
Sien meer
Apr 2023
Thabile L
Saam met vriende
4.6
Best stay and location. The stay was perfect, the location was ideal for our trip and close to the beach. The only problem was the cock...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2023
Stephen F
Saam met lewensmaat
4.0
Sal definitief weer daar gaan bly. Het baie lekker gebly, goeie ligging en geriewe.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Colin Leonard Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 157

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Barnacles het ā€™n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
R600 R510
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
R600 R510
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteastraat 14, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQyNTAzYWIwLWVjM2YtNDU5OS1hYjBmLTc4ZDNmZTBjYjcxOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R600 nouVanaf R510 per nag (plek vir 2) 157 5 1 5 14 Protea Street Witsand 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -34.394405588061 20.856508612633

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ā€™n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang