Barracuda Lodge on the Beach
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 14 Des 2024.
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda-weg 28, Paradise Beach, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 650R1 403 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Barracuda Lodge on the Beach bied selfsorgverblyf en is in Paradise Beach, Jeffreysbaai geleë. Die woonstel is op die gasheer se perseel geleë en is ideaal vir 'n strandwegbreek, en die perfekte basis om die omliggende besienswaardighede te verken.
Dié volledig gemeubileerde woonstel het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Daar is ook 'n enkelbed in die leefarea. Albei kamers deel 'n badkamer wat toegerus is met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, mikrogolfoond, oond en stoof. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar vir gaste se gerief. Ander geriewe sluit 'n sitkamer, 'n eetarea en 'n braai-area in. Daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met Netflix, Showmax en WiFi. Daar is 'n koue water buitestort wat gaste kan afspoel na 'n dag op die strand. Die draagbare braai kan ook op die grasperk geplaas word sodat gaste kan braai met 'n uitsig oor die see. Die eiendom bied veilige parkeerplek van die straat af vir een voertuig.
Barracuda Lodge on the Beach is ongeveer 30 m vanaf Barracuda Reef-strand in Paradise Beach en 11 km vanaf sentraal Jeffreysbaai geleë. Gaste kan gereeld bosbokke en grysbokke van die voorstoep af kyk wat naby in die natuurlike bosgebiede rondsnuffel, en die see en strand is net 'n paar minute se stap weg, waar goue strande in albei rigtings strek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Grant Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Barracuda-weg 28, Paradise Beach, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
- Gaste dink Barracuda Lodge on the Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Paradise Beach Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barracuda-weg 28, Paradise Beach, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang