Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Barrister House

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 241, Clarens Golf and Leisure Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R4 800 per nag, vir 10 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Barrister House bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde huis op die Clarens Golf and Leisure-landgoed. Dié huis het lieflike uitsigte op die omliggende berge. Barrister House is ideaal vir gesinne met kinders.

Barrister House beskik oor ‘n drieslaapkamerhuis en ‘n woonstel vir diegene wat op soek is na verblyf vir meer as 6 gaste. Die hoofhuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Skuifdeure lei na 'n Jacuzzi-area. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en skuifdeure wat na 'n stoep lei. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en skuifdeure wat na 'n privaat stoep lei. Die tweede badkamer het 'n toilet, stort, bad en 'n wasbak.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n ysmaker. Die sitarea het 'n gaskaggel, lugversorging en 'n TV met volle DStv. Die eetarea het 'n eetkamertafel vir 8. Gaste kan op die stoep ontspan en die uitsig geniet. Die stoep het ingeboude braaigeriewe, 'n tafel en stoele vir 8. Die Jacuzzi is beskikbaar indien dit vooraf met die instansie gereël is.

Die woonstel onder het 'n lugversorgde slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n enkelslaapbank. Daar is 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die woonstel het ingeboude kaste en 'n goed toegeruste kombuisie. Die woonstel het sy eie ingang van buite af.

Gaste het toegang tot 'n outomatiese toesluitmotorhuis en 'n onderdakparkeerplek. Linne en badhanddoeke word voorsien en die beddens het elektriese komberse. WiFi is beskikbaar.

Die huis is met 'n gasstoof toegerus, en het 'n omsetter vir die ligte in die hoofhuis, die TV, DStv en WiFi.

Die ligging bied toegang tot die dorp met al sy restaurante, kuns en kultuur.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 5 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

1 x Enkelslaapbank

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Toilet

Badkamer

Bad

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Gavin Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 683

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Erf 241, Clarens Golf and Leisure Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Barrister House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 4 800
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 241, Clarens Golf and Leisure Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApCaKwU1LirRDCcZKZaUAVWGeQytNGvU5HrsgfbfwhUoFcRJlEB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 800 per nag, vir 10 mense 11 5 1 5 Stand 241 Clarens Golf and Leisure Estate 9707 Vrystaat 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -28.512359454441 28.433496952057

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang