Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Basangoma Game Ranch

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Werner K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2021

Wonderlike wegbreek en pragtige uitsig. As familie het ons ’n wonderlike tyd gehad. Pragtige wild is te sien reg van jou stoep af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris E
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2021

Wonderlike wegbreek-plekkie. Ons het baie lekker gebly in die groot huis. Dit is baie ruim en bied alles wat 'n mens nodig het vir 'n luukse wegbreek. Die huis het ook 'n fantastiese braai-area. Die gasvrou, Deidre, het persoonlik kom groet na ons aankoms en ek dink dit wys die professionalisme waarmee die lodge bedryf word aangesien sy nie op die perseel woonagtig is nie. Die huis het 'n fantastiese uitsig en die diere het digby die huis verbygeloop. Sal defnitief weer daar gaan bly en sal dit aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hugo C
1 nag Gesin met tieners
4.6
Okt 2020

Was ontspannend. Dit voel of dit net jy is wat daar is, kids het die dam met die slide baie geniet.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mike L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2020

Kop skoonmaak, wild paradys, waar die stilte vir jou skreeu. Wildliefhebber se paradys, die stilte skreeu vir jou waar jy die mooiste donderweer in die natuur kan ervaar. Bekyk wild uit elke venster van die vertrek. Stop op die plato en word net stil. Die natuur neem jou in. Moet nooit gaan sonder verkyker!! Die stoep is jou woning in die vierslaapkamerhuis.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Erik O
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2019

Sprokie vir 'n stadskind. Woorde kan nie die ervaring gestand doen nie. Die diere loop 100 m voor jou huis verby en die stilte en naggeluide is hemels. Akkommodasie is puik. Sal definitief weer daar bly

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willene D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Des 2019

We had a lovely weekend and spectacular view of the animals. Money well spent, great accommodation and the quality time with my husband and son was priceless.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Carolin P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2018

Fantasties. Ongelooflike goeie ervaring. Baie netjies en skoon. Verskeie wild naby jou vanaf die stoep en uit die slaapkamer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bertie H
1 nag Besigheidsreis
5.0
Jul 2018

Uitstekend! Verblyf was skoon. Rustig en uitstekend. Heerlik gebraai en na die wild gekyk. Was regtig een vir die boeke en sal altyd daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rika V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2018

As jy wil wegbreek van die alledaagse gejaag, is dit die plek om te herlaai. Die verblyf is van hoogstaande gehalte. Die verskeidenheid diere wat te sien is, is wonderlik en die rustigheid is uit hierdie wêreld. Ons gaan definitief weer daarheen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christiaan L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2018

Fantasies. Ons was by 'n rugby week in Vryheid en besluit om die stilte van die plaas en wild te verken. Baie beïndruk met die netheid van die eenheid. Netjies met pragtige uitsig van die omgewing en natuur. Was in die middel van die winter en het snoesig warm geslaap onder ons vereduvet. Meer as genoeg hout vir die kaggel. Kan Basangoma Game Ranch, 110% aanbeveel. Regtig waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Chantell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Basangoma-wildsplaas, R33, Paulpietersburg, 3180, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlkMmIzOTk0LTE2OTgtNDBmMy04M2NjLWUwMTA0MzY0ODQ3ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 Basangoma Game Ranch R33 3180 KwaZulu-Natal 021 201 8901 12:00-17:00 10:00 -27.458808333333 30.646827777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang