Battlefields Guest House
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: H/v Kruger- en Joubertstraat, Adelaide Tambo-street, Volksrust, 2470, Mpumalanga
- Vanaf R980 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Battlefields Guest House is 'n luukse gastehuis met 'n huislike atmosfeer vir sake- en ontspanningsreisigers wat die luisterryke dorpie Volksrust en sy omgewing wil besoek. Ervaar hartlike Suid-Afrikaanse gasvryheid. Ons voorsien stylvolle akkommodasie teen bekostigbare tariewe. Gerieflik geleë naby aan Volksrust se hoofstraat - oorkant die Laerskool en net 'n klipgooi van die ou Nederduits-Gereformeerde Kerk af. 'n Heerlike ontbyt, middagete en aandete is beskikbaar op versoek teen ekstra koste. Ruim slaapkamers met suiwer katoenlinne. (Al die kamers is nie-rook.) 10 Slaapkamers met DStv en 'n yskas. WiFi-area - internet beskikbaar sodat jy kontak met vriende, familie en kollegas kan hou. Konferensiefasiliteit.
Kamers: Ons gastehuis het 10 baie smaakvolle, onafhanklike, en suite-slaapkamers met hotelgehalte-beddens. Elke kamer het 'n en suite badkamer. Al die kamers lei direk na die tuinarea om privaatheid te verseker.
Ontbyt en etes: soggens word 'n heerlike Engelse ontbyt in ons lieflike, moderne ontbytkamer bedien. Ons berei ook aandete en middagetes op versoek voor.
Gastesitkamer en privaat kroegfasiliteite: 'n privaat sitkamer wat met leerbanke gemeubeleer is. Grootskerm-TV vir die belangrike wedstryde. Die "pub" is tussen 17:00 en 21:00 oop vir inwoners.
Lapa met braaigeriewe: is jy dalk lus om jou eie middag- of aandete voor te berei? Bestel 'n braaipak en maak gebruik van ons lieflike braaigeriewe.
Teetuin en buitetafels: ontspan buite en besigtig die lewe in 'n klein dorpie.
Konferensiegeriewe: Ons het goeg georganiseerde konferensiegeriewe vir tot 20 afgevaardigdes.
Wasgoedgeriewe: daaglikse wasgoeddiens - die pryslys is in al die kamers.
Sekuriteit: Alhoewel Volksrust se misdaadsyfer baie laag is maak ons seker dat ons gaste en hulle besittings te alle in veilige hande is. Veilige privaat parkering, elektriese heining, personeel 24-uur per dag teenwoordig en daar is 'n afstandbeheerde sekuriteitshek.
Volksrust is geleë in Mpumalanga gras- en vleilandstreek in die suid-ooste. Die pragtige en historiese dorpie Volksrust bied baie aan besoekers. Elke besoeker is gewaarborg om hierdie dorpie met onvergeetlike herinneringe te verlaat.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Kevin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- H/v Kruger- en Joubertstraat, Adelaide Tambo-street, Volksrust, 2470, Mpumalanga
- Gaste dink Battlefields Guest House het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Volksrust Mpumalanga
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: H/v Kruger- en Joubertstraat, Adelaide Tambo-street, Volksrust, 2470, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang