Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Baviana Beach Lodge

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Belinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 11 jaar

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 29 resensies vir Baviana Beach Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5
Charl R - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charl R

5 sterre.

Baie mooi plekkie op die strand. Ons het baie lekker gebly. Belinda is 'n fantastiese gasvrou. Ongelukkig het ons net vir een aand bespreek. Sal weer wil gaan, maar die keer vir 'n paar dae langer.

Elzette V - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elzette V

Wonderlik.

Ons het heerlik tuisgegaan by Belinda en Archie. Dankie vir jul gasvryheid.

Derick L - Sep 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Derick L

Puik geriewe en diens met mooi see uitsig.

Wonderlike see uitsig. Baie vriendelike diens. Veilige motorhuis vir ekstra fooi. Baie lekker gebly met baie natuurlike plantegroei, blomme en voëls tussen die huisie en die see.

Jill M - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jill M

'n Baie lekker verblyf. Stil en rustig.

Ons het baie lekker gebly. Die blyplek is skoon en netjies en het al die nodige geriewe. Dit kyk uit op die baai en die uitsig is pragtig. Ons kon die branders in ons slaapkamer hoor. Baie mooi paadjies na die see vir 'n wandeling. Die gasvrou is baie vriendelik en het uit haar pad gegaan om ons te verwelkom en seker te maak dat daar aan al ons behoeftes voldoen word. Die stilte en rustigheid van die plek is wat ons nodig gehad het om te kon rus en ontspan. Ons het heerlik gebly en sal beslis weer kom.

Elmarie A - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elmarie A

Mooiste dorpie, beste sonsondergange en blomme.

Ek het 'n wonderlike tyd gehad, die verblyf is baie mooi ingerig en vreeslik gerieflik. Baie dankie vir die wonderlike twee dae wat ek daar kon spandeer. Jacobsbaai is uniek.

Baviana Beach Lodge se terugvoer

Baie dankie vir die mooi resensie Elmarie. Dit was 'n plesier om jou te akkommodeer en ek is bly dat jy dit geniet het. Hoop om jou gou weer te sien. Baie groete. Belinda

Baviana Beach Lodge
Lisa G - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lisa G

Pragtige plek by die see.

Alles is mooi uitgedek en die uitsig van die Jutten kamer is wonderlik. Die instansie het maklike toegang tot die strand en 'n kusroete wat jou in en uit neem tussen die pragtige baaie by Jacobsbaai. Die enigste probleem is dat ons net tyd gehad het vir een aand! Maar ons beplan om volgende keer terug te wees vir 'n langer verblyf. Die gasheer, Belinda, was vriendelik en behulpsaam. Die wifi was onderbroke, maar daar word glo kabels in die area gelê vir vesel, so hopelik sal daardie probleem opgelos word.

Francois V - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois V

Baie lekker oornagplek vir 'n toerreisiger.

Blommetoer 2021. Baie sentraal en toeganklik.

Anita L - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita L

Fantasties!

Pragtige plek, goeie diens, skoon en netjies! Baie dankie Belinda.

William E - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
William E

Baie lekker gebly en gekuier.

Die see-uitsig was baie mooi uit die kamer.

Mike D - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Mike D

Great accommodation with a fantastic view of the sea.

Easy walk to the shore, with beautiful vegetation and birdlife. Neat and pleasant accommodation.

Hanneke B - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hanneke B

Heerlike, rustige kuierplek, teen die see.

Belinda het ons dadelik laat tuis voel. (Dink nie ons is al ooit so vriendelik ontvang nie). Plek was mooi skoon en ons het die lieflikste see-uitsig vanaf ons kamer gehad. Kon saans met skuifdeur oop slaap omdat kamer op boonste verdieping was en ook diefwering voor gehad het. So daar het 'n heerlike seebriesie ingewaai. Blyplek is stapafstand na see. Baie bedagsaam, daar was brosjures met alles wat jy in omliggende omgewing kan doen. Sy was ook altyd beskikbaar om te help indien ons iets nodig gehad het.

Cornelis V - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Cornelis V

Vriendelik ontvang, alles was in orde en netjies skoon.

Dit is baie netjies en bied alles wat jy nodig het, voel of jy by jou huis is.

Linda C - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Linda C

Pragtige see-uitsig, skoon en netjies.

Belinda het ons vriendelik ontvang. Eenheid was skoon en netjies met die see 'n klipgooi ver. Ons sal weer teruggaan.

Jan S - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Jan S

Wou nog baie langer bly.

Pragtige ligging. Voel of jy in die golwe slaap.

Martie S - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martie S

Absoluut 'n rustige lekker wegbreek.

Archie en Belinda is beslis wenners met die beste wenresep. Absoluut verras met netheid, gasvryheid, ligging en veiligheid waarin ons onsself bevind het! Bo verwagting, gasvrou, Belinda is 'n ster en die plekkie is 'n móét op die webtuiste. Dankie - ons was nog nooit teleurgesteld deur een van jul oornagfasiliteite nie.

Melinda H - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melinda H

Baie skoon en netjies. Belinda is 'n uitstekende gasvrou.

Die plek is goed geleë en baie skoon en netjies. Die gasvrou, Belinda, het ons dadelik tuis laat voel.

Max R - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Max R

Die een, sal ons na toe terugkom.

Veral met die "winter special" is is dit rerig goeie waarde vir geld. Die weer het ook saamgespeel wat gehelp het. Maar dis stunning mooi plek en lekker gemaklik.

Gerhardus S - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gerhardus S

Goeie en netjiese verblyf met vriendelike diens.

Ons was baie vriendelik ontvang. Die enkele probleme wat ons gehad het was onmiddellik reggestel. Ons kan die plek met vrymoedigheid aanbeveel omdat ons beslis weer daar sal gaan kuier. Ons verbly daar was werklik baie aangenaam weg van die stad se gewoel en lawaai. Hulle kan gerus KykNet, kanaal 144, op die TV aanbied.

Adri C - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Adri C

Wonderlike naweek.

Belinda was 'n fantastiese gasvrou. Eenheid is basies maar baie netjies. Die dubbelbed was egter baie hard en ek stel voor die matras word vervang. Ons sal beslis weer kom.

Leo-mari L - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Leo-mari L

Skoon, netjies en rustig.

Die gasvrou het ons baie tuis laat voel en ons kon heerlik ontspan weg van enige geraas. Pragtige plekkie.

Amanda G - Nov 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Amanda G

Fantasties.

Diens ongelooflik en vriendelik. Uitsig perfek.

Magda E - Jun 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magda E

Fantastiese uitsig en rustigheid.

Die gasvrou was baie gaaf en het ons 'n ruk later die laaste dag laat aanbly. Die uitsig is fantasties en die plek is baie skoon. Sal aanbeveel vir 'n lekker rus en ontspanningsnaweek. Wens ek kon langer bly!

Gerhard V - Nov 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gerhard V

Heerlik en gemaklik. Sal beslis weer daar bly.

Vriendelik en gemaklik. Sal beslis weer van hul gebruik maak.

Ernest S - Mei 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Ernest S

Akkommodasie is klein, maar gerieflik.

Die ligging langs die see is baie, baie goed.

Liezel L - Aug 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Liezel L

Rustige wegbreek teen die see.

Vriendelike ontvangs. Eenheid is baie gerieflik met alle toebehore om jou verblyf gemaklik te maak. Private braaihoekie met genoeg sitplek. Uitsonderlike uitsig opdie see. Eenheid was besonder nuut, skoon en gerieflik. Sal dit beslis aanbeveel.

Dirk V - Aug 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Dirk V

Die selfsorg-verblyf was ideaal vir ons.

Uitstekende verblyf en ligging so naby die see is wonderlik. Die verblyf was netjies en net reg vir ons. Ons was verras met kaas, joghurt en vrugtesap in die yskas! Wonderlike verblyf-opsie.

Erina M - Mei 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Erina M

Baie lekker!!!

In vergelyking met ons verblyf op ander dorpe voel ons dit is dalk te duur.

Neels B - Apr 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Neels B

Dit was lekker!

Die sonsondergang was pragtig, en die weer lekker.

Murray L - Des 2013
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Murray L

Wonderlike ligging, en gasvrye en vriendelike eienaars.

Sien die sterre hieronder.

Vanaf R1 250
R1 250 R1 125
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 250
R1 250 R1 125
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baviaantjie-draai 18, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA57b784b14f1c83e974655f1e979471c018a0f015d75e8d7bc3888583735de2dec6c9378334d871125cace0cbd3e2d26790a9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R1 125 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 18 Baviaantjie Bend Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -32.974391478094 17.885718047619

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang