110 Bay View
- Kapasiteit: 17 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitzicht 110, Staatspresident C.R. Swart-weg, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
110 Bay View bied selfsorg-akkommodasie in die klein kusdorpie, Brenton-On-Sea, die verborge skat van Knysna. Bay View-woonstelle is op 9 ha se natuurskoon en hoog teen 'n heuwel weggesteek. Die akkommodasie bied ongelooflike see-uitsigte en is naby die strand geleë.
Die akkommodasie word aangebied in 3 gerieflike selfsorgwoonstelle met slaapplek vir 4 gaste. Elke woonstel bied see-uitsigte, 'n stort en bad of net 'n stort, 'n oopplan-sitkamerarea met 'n TV, en 'n toegeruste kombuis met 'n oond en gasstoof, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas. Haardroërs en verwarmers kan voorsien word, afhangend van Eskom se beskikbaarheid van elektrisiteit. Elke woonstel het ook toegang tot 'n buite-patio, braaigeriewe en parkeerplek. 3 van die woonstelle het toegang tot gratis WiFi.
Brenton-On-Sea bied 6 km se ongerepte strande en is 10 km van Knysna af. Die Knysna-strandmeer is naby en daar kan 'n mens lekker visvang, watersport, bootritte en kanovaart aanpak. Ander besienswaardighede sluit in die Knysna Koppe, Leisure Island en Featherbed Natuurreservaat waar daar staproetes is. Gewilde gholflandgoedere soos Simola, Sparrebosch en Pezule is minder as 30 minute se ry weg. Daguitstappies na die Kango-grotte en Cango Wildlife Ranch kan geniet word, sowel as ander plekke soos Birds of Eden, die Monkeyland Primate Sanctuary, die Tenikwa Wildlife Awareness and Rehabilitation Centre, en die Plettenbergbaai Wildreservaat.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Poppie Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 53
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Uitzicht 110, Staatspresident C.R. Swart-weg, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Gaste dink 110 Bay View het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 17 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitzicht 110, Staatspresident C.R. Swart-weg, Knysna, 6570, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang