Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bayview Seefront Akkommodasie

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Jan 2025 tot 28 Feb 2025.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Freddie Maraisstraat 5, Bay View, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R860 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Bayview Seefront Akkommodasie bied selfsorgverblyf op die strandfront in Bay View, Hartenbos en spog met 'n pragtige uitsig oor die baai.

Gaste kan tussen Die Dolfyntjie en Seemeeu-eenhede, elk met slaapplek vir 4 gaste, kies. Die eenhede beskik elk oor 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die slaapkamers het elk 'n dubbelbed, enkelbeddens of 'n stapelbed en die en suite-badkamers het elk 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke en swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstofie en 'n oond, enkelplaat-gasstofie met 'n ketel, 'n mikrogolf, yskas en elektriese ketel toegerus en gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Kookgeriewe wat met gas werk is beskikbaar wanneer daar kragonderbrekings is.

Die Oestertjie-eenheid het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, bad en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met die volle DStv-pakket in.

WiFi en 'n TV met 'n vol DStv-pakket is beskikbaar in elk van die woonstelle.

Veilige parkeerplek word voorsien en die woonstelle het skadunet-parkering. Braaigeriewe is by al drie woonstelle beskikbaar. Gaste kan op die bankie sit en die uitsig geniet. Die trappe bied maklike toegang tot die strand.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 91 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Hannes F
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker verblyf met 'n goeie see view. Geen klagtes nie. Diens was goed, verblyf was lekker. Vriendelike ontvangs het ons vinnig tuis laat voel. Het di...
Sien meer
Jan 2025
Marius D
Saam met lewensmaat
5.0
Ligging is onverbeterlik. Fantastiese ligging. Netjiese en gerieflike eenheid wat perfek is vir 2 mense. Baie vriendelike en hulpvaardige gasvrou.
Jan 2025
Jenny J
Gesin met tieners
5.0
Perfek. Was fantasties, baie dankie. Sal enige tyd weer daar wil kom oorslaap.
Des 2024
Dillan H
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing plek. Amazing plek, baie netjies. Mense is vriendelik, meer as genoeg parking, dis veilig en baie naby aan alles. Lekker braai en visvang op s...
Sien meer
Des 2024
Marisa B
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gebly, elke oomblik geniet. Lieflike verblyf, fantastiese ligging.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Iné Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 91

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Freddie Maraisstraat 5, Bay View, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bayview Seefront Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 860
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 860
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Freddie Maraisstraat 5, Bay View, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb3800f5e850849e9190179ddad4f79151e9e384a013edd140608770acb9f4f0428da35451eb8dfbdeb2dd1f118a8953b8a0a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R860 per nag (plek vir 4) 91 5 1 5 5 Freddie Marais Street Bay View 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.137365410778 22.112880930688

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang