Bayview Self-catering Apartment
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Wilma F - Jan 2024
Algehele gradering
Uitstekend!
Roelien V - Apr 2022
Algehele gradering
Lekker naby strand. Rustige omgewing.
Jakob D - Apr 2022
Algehele gradering
Baie lekker plek en gerieflik.
Bayview Self-catering Apartment se terugvoer
Goeie dag Jakob
Baie dankie vir die resensie. In die afgelope 7 jaar het niemand nog gekla oor onvoeldoende lig by die braai area nie. Daar is 'n lig teen die muur ongeveer 2 meter vanaf die braai wat outomaties aankom sodra dit donker raak. Ek sal nogtans kyk om die huidige gloeilamp met 'n helderde gloeilamp te vervang.
Wat die terugbetaling van die breekskade deposito betref staan dit duidelik op ons instansies. S
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 500 moet direk aan die instansie betaal word en sal binne 7 dae na vertrek terugbetaal word.
Ek het in die verlede die deposito onmiddellik terugbetaal met vertrek maar ongelukkig hierdeur verliese gely, met die skoonmaak van die eenheid by sommige huurders. Met die skoonmaak van die eenheid word alles deurgegaan en is dit nie altyd moontlik om alles deeglik deur te gaan met vertrek nie. Daar is ook gaste wat 4 uur in die oggende vertrek en is dit nie moontlik om dan op te staan en alles te probeer deurgaan voor vertrek. Ek hoop jy verstaan.
Voel welkom om weer te kom kuier in die toekoms.
Hartenbos Groete
Manie S - Okt 2022
Algehele gradering
Uitstekend.
Bayview Self-catering Apartment se terugvoer
Baie dankie Manie.
Julle is altyd welkom.
Madelein I - Feb 2021
Algehele gradering
Baie vriendelik en gasvry.
Bayview Self-catering Apartment se terugvoer
Dit was 'n plesier en ek is bly julle het dit geniet. Julle is altyd welkom. Hoop om julle gou weer te sien
Priscilla P - Des 2019
Algehele gradering
Our stay was an absolute pleasant one with superb hosts.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Ons verblyf was absoluut aangenaam met uitstekende gashere.
Ons het ons styl vreeslik geniet. Die akkommodasie was volledig toegerus en op 'n baie goeie ligging geleë. Die gashere was puik en het ons verblyf aangenaam en onvergeetlik gemaak. Ons sal hierdie huis onvoorwaardelik aanbeveel, weg van die huis se tipe akkommodasie en sal beslis weer in die toekoms terugkeer.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Bayview Self-catering Apartment se terugvoer
Baie dankie Priscilla vir jou goeie resensie. Dit was vir ons 'n plesier om julle hier te ontvang. Binne 10 minute toe voel julle vir ons soos ou vriende. Julle is baie welkom om weer by ons te kom kuier.
Ons wens julle 'n Geseënde Kersfees en 'n Voorspoedige 2020.
Liefde groete
Engie en Linda
Eileen P - Jan 2019
Algehele gradering
Gerieflik en naby alles.
Anneke T - Sep 2019
Algehele gradering
Gerieflik en bekostigbaar!
Bayview Self-catering Apartment se terugvoer
Baie dankie Anneke. Hoop om julle gou weer te sien.
Elsabe R - Okt 2018
Algehele gradering
Dis die ideale plek.
Stephanie N - Apr 2018
Algehele gradering
Skoon, netjiese plekkie met als en meer wat jy nodig het teen bekostigbare tarief.
Bayview Self-catering Apartment se terugvoer
Hallo Stephanie,
Baie baie dankie vir die terugvoer. Dit was wonderlik om julle te ontmoet, en ons is so dankbaar dat julle lekker gekuier het.
Wees verseker dat julle altyd welkom sal wees om by ons te kom kuier.
Baie seën en liefde vir julle as gesin.
Hartenbos groete,
Engie and Linda
Adri W - Jan 2018
Algehele gradering
Gerieflik, veilig en lekker naby die see.
Bernice B - Des 2017
Algehele gradering
Aangenaam verras met die persoonlike diens wat ons ontvang het.
Bayview Self-catering Apartment se terugvoer
Baie dankie julle.
Kom kuier gerus weer
Liefdegroete,
Engie en Linda
Wilma B - Jul 2017
Algehele gradering
Baie aangename verblyf gewees. Skoon en netjies en die wasmasjien was 'n pluspunt.
Lees meerBayview Self-catering Apartment se terugvoer
Goeie dag Wilma,
Dankie vir die moeite wat julle gedoen het om kommentaar te lewer en julle verblyf hier. U terugvoering word waardeer aangesien dit ons help en sodoende aan ons kliënte 'n puik diens en verblyf te verseker.
Graag sal ek net 'n regstelling wil maak aangesien u kommentaar die wooneenheid se verhuring kan belemmer:
Die voertuig was geparkeer op die perseel, onder beligting, by die ingang van die eenheid, waar almal parkeer en tevrede is aangesien dit 'n veilige area met min probleme is. As ek 'n voorbeeld kan gebruik, die voertuie by die strandoord staan ook buite by die eenheid. Bayview is uiters veilig met 'n buurtwag.
Die matte is kort voor julle die eenheid bespreek het deur 'n firma skoongemaak. Die kolle kom nie uit aangesien dit gevlek is, maar dit is beslis nie vuil nie. Ons sal poog om dit reg te stel.
Die 160-liter yskas word die afgelope 2 jaar gebruik deur mense wat 14 dae of langer bly en sover het ons nog nie 'n probleem gehad nie.
Daar is winkelsentrums in 'n radius van 2km vanaf die wooneenheid wat dit baie maklik maak om voedsel aanvullings te doen. Ek hoop u verstaan.
Geen eenheid sal seker perfek wees nie, alhoewel ons daarna streef. Sekerlik is daar altyd plek vir verbetering.
Ons hoop om julle spoedig weer te sien, intussen sal ons aandag gee aan die vlekke op die mat.
Liefde groete,
Engie en Linda
Anonieme gas - Okt 2017
Algehele gradering
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harry Holtzhausen-straat 5, Bayview, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang