Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

BB's Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palingsingel 57, Stillbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

BB's Place is 'n selfsorgwoonstel wat op die eienaar se eiendom in Stilbaai-Wes geleë is.

Dié eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, induksieplaatstoof, mikrogolf, basiese breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dit beskik oor 'n gemaklike rusbank met 'n TV, en gaste het toegang tot WiFi.

Die eenheid het sy eie ingang en maak oop na 'n onderdak en omheinde patio wat braaigeriewe het. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Daar sal ook geen probleem met beurtkrag wees nie aangesien daar 'n omskakelaar is om krag te voorsien.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang

Dienste

  • Diens op aanvraag
  • Koordlose internet

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Zylia V
5.0
Dankie, dit was 'n baie rustige plekkie en ek sal weer van BB Place gebruik maak. Baie lekker gebly, maar die gasvrou kan darem iets gee vir die hitte...
Sien meer
Aug 2024
Robbie R
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly in 'n pragtige omgewing. Great hosts en ons het heerlik gebly!
Mei 2024
Johnny C
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut fantastiese langnaweek wegbreek. Baie dankie Bonny en Deon vir die absolute lekker eenheid aan ons verskaf. Dankie ook vir die voorsorg dat o...
Sien meer
Mei 2023
Rozetta L
Saam met vriende
5.0
Ons was baie vriendelik ontvang en het dadelik tuis gevoel. Baie oulike en huislike verblyf, laat mens sommer verlief raak op van die items daar.
Mrt 2023
Sarel C
Saam met lewensmaat
4.6
Gasvrou het ons baie welkom laat voel en was baie behulpsaam. Gemaklik geslaap! Baie netjies en skoon plekkie, gemaklik vir 2 persone en baie veilig.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Bonny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Palingsingel 57, Stillbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink BB's Place het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palingsingel 57, Stillbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA204c832c73412485d73224150659214e02b69d2f101878df9fe86c8fda2f1250d1b1e6d066a04f241b380720d238e9778fa8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 57 Palingsingel Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.371913770645 21.410257784949

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang