Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

BB's Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palingsingel 57, Stillbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

BB' place is 'n selfsorgwoonstel wat op die eienaar se eiendom in Stilbaai-Wes geleë is en word omring deur die natuur se skoonheid.

Dié eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, induksieplaatstoof, mikrogolf, basiese breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dit beskik oor 'n gemaklike rusbank met 'n TV, en gaste het toegang tot WiFi.

Die eenheid het sy eie ingang en maak oop na 'n onderdak en omheinde patio wat braaigeriewe het. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Daar sal ook geen probleem met beurtkrag wees nie aangesien daar 'n omskakelaar is om krag te voorsien. Die rivier is 300 m weg en die eiendom is naby restaurante, gholfbane en ander sportgeriewe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Johannes H
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was awesome en ons sal weer gaan. Dit was heerlik. Bonny was baie vriendelik met ons aankoms en het ons baie welkom laat voel. Die plekkie is regt...
Sien meer
Jan 2025
Zylia V
5.0
Dankie, dit was 'n baie rustige plekkie en ek sal weer van BB Place gebruik maak. Baie lekker gebly, maar die gasvrou kan darem iets gee vir die hitte...
Sien meer
Aug 2024
Robbie R
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly in 'n pragtige omgewing. Great hosts en ons het heerlik gebly!
Mei 2024
Sarel C
Saam met lewensmaat
4.6
Gasvrou het ons baie welkom laat voel en was baie behulpsaam. Gemaklik geslaap! Baie netjies en skoon plekkie, gemaklik vir 2 persone en baie veilig.
Apr 2024
Genevieve M
Saam met lewensmaat
4.2
Oulike, plekkie om te oornag. Lekker staproetes van daaraf. Was perfek vir wat ons nodig gehad het vir ons tydtjie in Stilbaai. Eienaar moet dalk net ...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Bonny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Palingsingel 57, Stillbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink BB's Place het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palingsingel 57, Stillbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA204c832c73412485d73224150659214e02b69d2f101878df9fe86c8fda2f1250d1b1e6d066a04f241b380720d238e9778fa8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 57 Palingsingel Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.371913770645 21.410257784949

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang