Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Be My Guest

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uys Krige-rylaan 44, De Duin, Panorama, 7500, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Be My Guest bied gerieflike, knus selfsorgverblyf met 'n aparte ingang op die eienaar se eiendom in De Duin, Panorama. Dit is ideaal vir 'n romantiese wegbreek of sakereisigers wat soek na verblyf in die Moederstad.

Hierdie knus woonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n instapstort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea het 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is gemaklike sitplek, 'n etenstafel en 'n TV in die sitarea. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is buitesitplek op die stoep en braaigeriewe is op versoek beskikbaar. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek op die perseel beskikbaar.

Hierdie verblyf is naby 'n Mediclinic and verskeie aftree-oorde wat dit perfek maak vir gaste wat hulle familie kom besoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Raynard G
Saam met vriende
5.0
Gerieflik, gemaklik. Baie gerieflik, naby aan Panorama Medi Clinic en definitief die beste gasvrou, vriendelike diens en alles wat jy nodig het. Sal b...
Sien meer
Des 2024
Songezo S
Besigheidsreis
5.0
Great! I had a great time. The place was peaceful and the hosts were welcoming and friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Elsabé S
5.0
Pragtige selfsorg plekkie. Kan dit aanbeveel. Goeie waarde vir geld. Wat 'n oulike plekkie. Het baie lekker gebly en kan die plek vir seker aanbeveel.
Nov 2024
Pieter C
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, gerieflik en veilig. Plek is baie veilig en is naby aan 'n paar winkelsentrums. Gasheer en gasvrou is uiters hulpvaardig en gaan uit hul pad...
Sien meer
Sep 2024
Keisha T
5.0
Baie netjies. Die host was baie vriendelik. Sy was vrywillig om te help. Baie gerieflik gebly.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Uys Krige-rylaan 44, De Duin, Panorama, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Be My Guest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uys Krige-rylaan 44, De Duin, Panorama, 7500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaf1efd40ae62e318ce0632fab0c5b0df3cef27c115452d628766de7d824126943f98e7b3130003ec970586a67bc3c79fc6d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 23 5 1 5 44 Uys Krige Drive De Duin 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.884947833672 18.572671591402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang