Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach @ 100 meter

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 12 Apr 2024 tot 11 Okt 2024.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard-Oos, La Palma 6, Die Voorbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 R833 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Beach @ 100 meter, La Pama 6 by Diazstrand, is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 5 mense, geleë tussen Hartenbos en Mosselbaai. Hier is gaste werklik op die strand met toegang net 100 m van die voordeur af.

Die grondvloerwoonstel is in 'n sekuriteitskompleks geleë en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis, 'n eetkamer en 'n sitkamer. Volledige DStv en gratis WiFi is in die woonstel beskikbaar.

Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer is ingerig met 'n stapelbed, sowel as 'n enkelbed. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n instapstort en 'n toilet. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafel met sitplek vir 4 geniet word. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik.

Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale en oopmaak op 'n stoep met 'n piekniektafel en ingeboude braaigeriewe. Die braai-area het glasdeure wat teen wind en reën beskerm.

Die woonstel is 'n entjie se stap vanaf die paadjie wat na die strand lei, en veilige parkeerplek word voorsien vir 2 voertuie. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Beach @ 100 meter is 100 m van die strand af geleë en is 300 m vanaf Diaz-strand en die Waterpark.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Christelle K
Gesin met klein kinders
5.0
Ontspannend, pragtig en sommer net lekka. Ons het heerlik gebly. Die eienaars was baie vriendelik en die verblyf netjies. Ligging is baie lekker sentr...
Sien meer
Jun 2024
Nolan E
Saam met vriende
5.0
Die gasvryheid was topgehalte en die diens van die eienaars was ook tops. Dit was ongelooflik lekker.
Apr 2024
Amanda V
5.0
Goeie ligging naby netjiese strand en veilig. Baie lekker gebly saam my kinders, baie netjies en daar is alles wat jy nodig het plus meer.
Apr 2024
Mariette B
Saam met vriende
5.0
Sal verseker weer by Beach @ 100 meter bly. Baie lekker gebly! Aanbeveel!
Mrt 2024
Hercules V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik ontvang en was baie gerieflik. Was baie aangenaam, skoon en netjies.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Caroline Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 127

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Beach Boulevard-Oos, La Palma 6, Die Voorbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach @ 100 meter het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R980
R980 R833
per nag (plek vir 5)
Vanaf R980
R980 R833
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard-Oos, La Palma 6, Die Voorbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98693f1ec91af51e7f565e5a873ba2b9215ee3ac9c94f22c11dd0220b1523ea8d54076fec478ab9dba68c1ea83d6847d84ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R980 nouVanaf R833 per nag (plek vir 5) 70 5 1 5 Beach East Boulevard La Palma 6 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.157179472848 22.109076082706

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang