Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Blessing

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barnardstraat 42, Gansbaai, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Blessing is 'n pragtige selfsorgvakansie-eenheid wat in die kusgebied van Gansbaai in die Overbergstreek geleë is en is 'n ideale opsie vir 'n gesinswegbreek aangesien dit 'n kort entjie se ry vanaf die hawe sowel as lieflike swemstrande is.

Dié smaakvol versierde eiendom bied slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Instapstort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die helder en lugtige leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek. Boonop is daar 2 enkelslaapbanke in die leefarea.

Buite is daar braaigeriewe beskikbaar asook veilige parkeerplek agter 'n geslote hek. Die ligging van hierdie eiendom is stapafstand vanaf die middedorp wat talle winkels en restaurante bied.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelslaapbank
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
3.5
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Juana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Barnardstraat 42, Gansbaai, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Blessing het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barnardstraat 42, Gansbaai, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0ccc75d782f62db6130b54e48892e3a8522668422348cc0bbd4c61ca42911529f52874424211a2b3b4903a254afed2983eb0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 42 Barnard Street Gansbaai 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.583678491665 19.352240510931

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang