Beach Break B&B
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: West Beach-rynlaan 40, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Beach Break B&B is reg oor Port Alfred se strand, aan die Sonskynkus van die Oos-Kaap. Dié B&B bied 'n uitstekende ligging vir wegbreeknaweke, spesiale geleenthede, avontuur-vakansies of oornaggaste en sakereisigers.
Verblyf is beskikbaar in 2 ruim en eksklusiewe luukse suites.
Die eerste suite het 1 en suite-slaapkamer met 'n aparte sit-area wat spog met 'n werk-, eet- en verversingshoekie. Daar is 'n groot slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort. Verder is daar 'n privaat stoep en 'n see-uitsig.
Die tweede suite het 2 slaapkamers, 'n sitkamer, verversingshoekie en 'n etenstafel waar gaste kan eet en werk. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die eenheid het 'n groot badkamer met 'n instapstort.
Die ontbytspyskaart is uniek en bied 'n wye verskeidenheid keuses. Ontbyt word op 1 van die 2 stoepe of in die binne-eetkamer bedien en daar is altyd 'n see-uitsig. Gaste kan in seisoen walvis- en dolfynkyk, asook op hul oë oophou vir enorme houerskepe, seiljagte en nederige vissersbote.
Verder is daar parkeerplek op die perseel, uitstekende sekuriteite, onbeperkte WiFi, 'n TV met DStv en reënwater wat 3 keer gefiltreer is. Hierdie eiendom het ook sonpanele en batterye wat elektrisiteit tydens beurtkrag verskaf.
Die B&B is hoof bo West Beach-rylaan en is net 300 m vanaf Kelly's Beach, wat 'n Blouvlagstrand is waar gaste kan swem. Daar is ook riviervaart- en kajaktoere en gaste kan duinry, op die stand wandel, fietse huur, vliegtuig-toertjies beleef, natuur- en wildreservate besoek, geskiedkundige persele verken, inkopies doen, 'n spa besoek of by die rits restaurante eet. Die gashere sal gaste inlig oor aktiwiteite in die area.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Alan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- West Beach-rynlaan 40, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink Beach Break B&B het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Beachfront Port Alfred Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: West Beach-rynlaan 40, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang