Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Club 201

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Beach Club 201, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Club 201 is 'n moderne, selfsorgwoonstel met slaapplek vir 6 gaste en 'n uitsig oor Diazstrand.

Die woonstel is gerieflik ingerig met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens, en hulle deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n stort. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die moderne oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroër. Die sitkamer het 'n slim-TV met volledige DStv, en WiFi is beskikbaar.

Die leefarea bied toegang na 'n balkon met 'n gasbraai, en het 'n uitsig oor die strand. Parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig, en is op dieselfde vlak as die woonstel. Daar is parkeerplek vir 'n addisionele voertuig of 'n sleepwa op die oop derde verdieping.

Die woonstel-kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Daar is 'n afstandbeheerde hek wat toegang bied tot die kompleks en parkeerarea. Diaz Hotel and Resort is langsaan die kompleks geleë en bied verskeie restaurante. Daar is 'n gimnasium by die kompleks se ingang wat gaste teen ekstra koste kan gebruik.

Gaste het privaat toegang tot die strand en daar is sekuriteit gedurende die dag en nag. Diazstrand se waterpark met verskeie waterglybane en aktiwiteite is net 70 m ver. Daar is 'n grasperk waar kinders kan speel voor Beach Club 201. Die woonstel is 50 m vanaf die strand en die swembad en daar is oorgenoeg parkeerplek beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Roelof S
Gesin met klein kinders
5.0
Onvergeetlike vakansie. Kan nie wag om weer te gaan nie. Eerste keer in Mosselbaai vakansie gehou. Woorde kan nie die plek beskryf nie. Dit was ongelo...
Sien meer
Des 2023
Lindiwe H
Gesin met klein kinders
5.0
We enjoyed staying at Beach Club 201. We thoroughly enjoyed our stay. The unit is close to all amenities. We will definitely use the ac...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Mohammed P
Gesin met tieners
5.0
Very pleasant and relaxing. Before we arrived, the owners had sent a very detailed description of the procedure that made checking in a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023
Annelize E
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend! Wat kan ek sê? Alles was puik, meer as wat ons verwag het. Skoon, netjies, prakties, en, en, en. Sal die blyplek versker aanbeveel en 100%...
Sien meer
Apr 2023
Yvonne L
Gesin met tieners
5.0
Ontspannende, gerieflike en pragtige wegbreek. Die woonstel was baie ruim, mooi en goed uitgerus. Die see-uitsig is fantasties en dit bied maklike toe...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ferdie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Beach East Boulevard, Beach Club 201, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Club 201 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard, Beach Club 201, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU1MGVmZGNjLThlMWMtNGUxYy1hN2Y1LWE2YmNkOWUyZGM5Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 24 5 1 5 Beach East Boulevard Beach Club 201 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.158573325613 22.109077423811

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang