Beach Club 602
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-boulevard 26, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Vanaf R1 495 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beach Club 602 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou oorkant Diazstrand in Mosselbaai. Die gebou is ook langs die Diaz Waterpark en naby besienswaardighede in die dorp.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar oud en beskik oor 2 en suite-kamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n oond, gaskookblad met 'n waaier, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien-tuimeldroër, yskas en 'n koffiemasjien wat met kapsules werk en ander kookgerei toegerus. Die sitkamer langsaan het 'n rusbank en 'n TV met 'n familie pakket waarop gaste teen 'n ekstra koste DStv Premium-kanale kan kyk.
Die balkon is met glas toegebou met glypanele wat gaste toelaat om te braai terwyl hulle op die balkon ontspan en die uitsig oor die see en omliggende areas bewonder. Die balkon het 'n Alva 4-gasbraai en 'n Weber-braai. Daar is rakke, en ingeboude kaste in die braai-area met 'n toonbank waarop maaltye voorberei kan word. Daar is ook ligte in die area sodat gaste in die aande ook kan braai.
Daar is 'n veiligheidshek by die voordeur sodat gaste die deur kan ooplos en die koel see-briesie deur die huis laat deurtrek.
Daar is ook veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en nog parkeerplekke beskikbaar.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en buite-braaigeriewe oorkant die seefront. Die gebou is langs die Diaz Hotel and Resort met 'n gimnasium, verskeie restaurante en winkels.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Izak Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Beach-boulevard 26, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach Club 602 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-boulevard 26, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang