Beach Front, Penthouse, Uvongo Main Beach
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Colinstraat 86, Uvongo Hoofstrand, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Beach Front, Penthouse, Uvongo Main Beach is 'n selfsorg-eenheid aan die seekant in Uvongo, 'n alombekende strand onder branderplankryers. Dié eenheid word wyd en syd aanbeveel. Die strandmeer bied lekker geleenthede vir watersport. Daar is 'n varswaterpoel vir klein kinders op die strand én 'n getypoel, restaurante, 'n spa en winkels is binne stapafstand. Keer terug na jou luukse huis en geniet die sonsondergang op die veranda terwyl jy oor die see tuur en kyk hoe die dolfyne in die branders baljaar.
Dié 180 m²-huis is deur die AA gegradeer en aanbeveel en beskik oor 3 pragtige slaapkamers en 2 badkamers. Daar is gerieflike slaapplek vir tot 4 volwassenes en 3 jong kinders. Daar is 'n balkon met 'n 360°-uitsig oor die see en strand. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en 'n uitsig oor die strand. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde het 2 enkelbeddens óf 'n koninggrootte-bed en 'n aparte badkamer. Die kombuis is volledig toegerus en die leef- en eetarea het lugversorging en 'n TV. Die strandfront-eenheid bied 'n uitsig oor die see en rivier en is in die Strandloper-kompleks geleë.
Die stoep bied pragtige uitsigte. Daar is 'n groot tropiese tuin waar kinders lekker kan speel. Let asb. daarop dat daar baie trappe na die eenheid en die strand is, so dis nie geskik vir ouer persone en jong kinders nie. Onthou om jou eie handdoeke en DStv saam te bring. Daar is nie wasgoedgeriewe in die eenheid nie, maar daar is wassery wat met liefde jou wasgoed sal kom haal, 'n Spar, apteek en restaurante binne stapafstand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
RONEL Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 22
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Colinstraat 86, Uvongo Hoofstrand, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Beach Front, Penthouse, Uvongo Main Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Colinstraat 86, Uvongo Hoofstrand, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang