Beach Front Vacation
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 55, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R850 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beach Front Vacation is in Amanzimtoti, 'n gunsteling vakansiedorp aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, geleë. Die woonstel is ideaal vir 'n groot gesin en is geleë naby alle geriewe, restaurante en winkels asook talle doendinge in die area en sowat 400 meter vanaf die hoofstrand.
Die eenheid bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers op die 15de vloer met 'n 180-grade see-uitsig vanaf die sitkamer sowel as albei slaapkamers en bied slaapplek aan 6 persone. Op die grondvloer is 'n swembad met ablusiegeriewe, 'n braaidek met tafels en sitplekke, kelderparkeerplek, en direkte toegang tot die strand. Daar is ook 3 hysbakke en 'n waskamer met 3 industriële wasmasjiene en 1 tuimeldroër op die dak.
Die oopplan-sitkamer en -eetkamer het 2 dubbelsitplekbanke, 1 leunstoel en 'n driekwartslaapbank, 'n tafelblad met 6 eetkamerstoele en 2 kroegstoele asook 'n TV en koffietafel. Die sitkamer is toegerus met 2 plafonwaaiers en die slaapkamers met een plafonwaaier elk. Die tweede slaapkamer het ook 'n tafelbladwaaier op 'n rak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die stort is toegerus met handrelings vir bejaardes om vas te hou. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelstapelbeddens. Die tweede badkamer in die gang het 'n bad met handstort, wasbak en toilet
Die kombuis het 'n groot yskas/vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n elektriese ketel, broodrooster, drukkoker, elektriese braaipan, elektriese menger, stel potte met glas deksels, panne, glas top stoof, onder toonbank oond, mikrogolf bakke en deksels , eetgerei, breekware, slaai en nutsbakke, snyplanke, plekmatjies, skinkborde en nog baie meer.
Vullis in 'n sak wat voor 08:00 soggens op die patio uitgesit word, sal gedurende weeksdae verwyder word.
'n Geplaveide wandelpad met vlugmarkgoedjies neem jou na die hoofstrand met 'n getyswembad sowat 300 meter verder.
Daar is verskeie restaurante soos Blue Waters Steers om te eet of te peusel. Die Shoprite-winkelsentrum met baie klein winkeltjies en 'n Wimpy is 'n entjie se stap weg. 'n Vermaaklikheidsentrum met rolbal en baie ander pret is oorkant Shoprite geleë en 'n paar meter verder in die straat is die strandmeer met nog meer vermaak en kos. By die hoofstrand is 'n waterglybaan en speelgrond vir kinders. Minder as 5 kilometer weg is die Galleria-winkelsentrum wat Checkers Hyper, Game Clicks, Dischem en baie skoen- en lapwinkels insluit. ’n Bioskoop met al die jongste vrystellings kan besoek word. Sowat 2 kilometer noord is Builders Express, Food Lovers Market en Pick 'n Pay met Makro oorkant die pad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Elize Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 125
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Kusweg 55, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Beach Front Vacation het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 55, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang