The Salty Surf Shack
Kry 40% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusweg 196, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 900R1 740 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Salty Surf Shack is 'n bekoorlike vakansiehuis in Strand bied gerieflike selfsorgverblyf.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en gaste deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die sonkamer by die voorste ingang van die huis het 'n dubbelslaapbank met slaapplek vir 2 gaste.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, oond, stoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n TV en sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n kroegarea met 'n groot etenstafel en 'n buitebraai-area met sitplek in die binnehof.
Die huis is ideaal vir branderplankryers, waterentoesiaste en gesinne aangesien daar baie aktiwiteite vir kinders en die res van die gesin naby die verblyf is. Die huis is oorkant die strand en Waterworld, 'n opwindende en gewilde water- en avontuurpark. Die gesinsvriendelike park is reg langs die strand en bied waterglybane, swembaddens, 'n speelarea, grasperke en 'n klein kafee.
Die huis is stapafstand vanaf die Natural Energy Surf-winkel wat branderplankrybenodigdhede, klere en branderplank/SUP-huur bied. Bootleggers Coffee Shop kan onder by die branderplankwinkel gevind word en daar is 'n putt-putt-baan en Merkava Coffee oorkant die pad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Roxanne Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kusweg 196, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
- Gaste dink The Salty Surf Shack het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Kusweg 196, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang