Beach Melody and Music
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Newselstraat 2, Umdloti Beach, 4360, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 550 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Beach Melody and Music is 'n klein oord van Umdloti geleë, en bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n groot erf met see-uitsigte. Hier kan gaste 'n lekker skemerkelkie of braai geniet, voëlkyk of na die gedruis van die see luister. Die eiendom is aan die noordekant van Umdloti geleë wat die rustiger woonbuurt is.
Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, Beach Melody en Beach Music.
Beach Melody beskik oor 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 volwassenes en 1 klein kind. Daar is 'n ekstra lang koninggrootte-bed met perkallinne en 'n kindermatrassie of 'n bababedjie op versoek. Die slaapkamer het 'n instap-aantrekkamer en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort, wasbak en 'n toilet. Dan is daar 'n sitarea, kombuis, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale, WiFi en 'n Weber-braai. Die kothuis bied toegang tot 'n onderdakstoep wat na 'n groot grasperk lei.
Beach Music beskik oor 2 ruim slaapkamers en het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind. Die eerste slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed met 'n see-uitsig en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n slaapbank en 'n skuifdeur na die tuin. Die 2 enkelbeddens kan as 'n koninggrootte-bed opgemaak word. Dit moet ten minste 2 weke voor aankoms gereël word. Gaste sal op 'n luukse bed met perkallinne slaap. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n sitarea, 'n volledige kombuis, eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale en WiFi in. Die kothuis bied toegang tot 'n stoep wat na 'n grasperk lei en daar is 'n Weber braai.
Gaste is welkom om op die perseel na die verskeie voëlspesies te kyk.
Aktiwiteite wat naby die perseel is sluit perdry, bergfietsry, swem, en fietsry in. Daar is ook 'n restaurant binne stapafstand.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Ruth Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Newselstraat 2, Umdloti Beach, 4360, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Beach Melody and Music het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Selection Beach KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Newselstraat 2, Umdloti Beach, 4360, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang