Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Vibes

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoria-weg 61, Westcliff 3, Clifton, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 697 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Vibes bied 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan en is 'n ruim selfsorg-vakansiewoonstel in die hartjie van die kusgebied van Clifton. Dit kan 'n ideale opsie wees vir óf 'n groep vriende óf 'n gesin wat die pragtige Moederstad wil verken.

Dié woonstel het altesaam slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed het. Albei hierdie kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Alle linne word voorsien asook badhanddoeke; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeure is daar 'n onderdakbalkon met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte ten volle bewonder. Gaste het ook volle toegang tot die gemeenskaplike dakterras. Die ligging van hierdie woonstel is net oorkant die pad van die strand af en is gerieflik naby vervoerverbindings.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Victoria-weg 61, Westcliff 3, Clifton, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 697
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R5 697
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Victoria-weg 61, Westcliff 3, Clifton, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbf616143df0b0c4529a4071a5ef3d57c9ab54de9bb3835e655e2c03d3af469587cac186b4875fe695987ac1c02aa0aa85b86?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 697 per nag (plek vir 6) 61 Victoria Road 3 Westcliff 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.937261098828 18.37841953373

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang