Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strathmore-laan 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
  • Vanaf R14 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Villa is 'n pragtige selfsorg-vakansievilla wat net 'n paar tree vanaf Kampsbaai-strand in die hartjie van Kaapstad geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinswegbreek aan die kus van die Moederstad aangesien hierdie huis met lieflike see-uitsigte spog.

Dié dubbelverdiepingvilla bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed en al 3 en suite-badkamers is toegerus met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die ruim leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n Nespresso-masjien. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Daar is 'n knus TV-sitkamer en 'n formele sitkamer waar gaste met 'n boek kan ontspan. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Hierdie 2 sitkamerruimtes maak oop op 'n lieflike houtdek met 'n buite-eettafel, sonstoele, braaigeriewe en 'n uitnodigende swembad waar gaste kan afkoel en die asemrowende see-uitsigte ten volle kan bewonder.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Strathmore-laan 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R14 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R14 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strathmore-laan 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA358fac50cdd4ed3764b5cba7af858d4239adf62f0c2824065094241badd4146b41d6256b4673b4cdd7929b98bb7f41500945?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R14 500 per nag (plek vir 6) 13 Strathmore Lane Camps Bay 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.948223 18.379143

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang