Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Villa & Beach Studio

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandraweg 4, Dolfynkus, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Beach Villa & Beach Studio bied selfsorgverblyf in Ballito. Dit is die ideale basis waarvandaan gaste die omliggende besienswaardighede kan verken.

Die Beach Villa is 'n dubbelverdiepinghuis en dit bied slaapplek aan 12 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Al die slaapkamers het lugversorging en daar is 'n enkelslaapbank en 'n dubbelslaapbank in die eerste leefarea.

Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die tweede oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 14 en rusbanke. Daar is ook 'n slim-TV en gratis WiFi. Die leefarea lei na 'n tuin met 'n onderdak-pergola, buitemeubels, 'n buitekombuisie, braaigeriewe en 'n swembad. Daar is veilige, privaat parkeerplek vir tot 3 voertuie.

Die Beach Studio is geskik vir 4 gaste en beskik oor 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea en 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Daar is nog 'n dubbelbed in die leefarea. Die slaapkamer het lugversorging. Die badkamer het 'n instapstort. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, wasmasjien, stoof en oond toegerus. Daar is 'n slim-TV en WiFi is beskikbaar, asook 'n klein braai-area met 'n tafel en stoele. Daar is 1 veilige parkeerplek.

Beach Villa is sowat 300 m vanaf Clarke Bay-strand en naby restaurante en winkels. Dis sowat 22,1 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 18 resensies vir Beach Villa & Beach Studio
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Vanessa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Sandraweg 4, Dolfynkus, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beach Villa & Beach Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandraweg 4, Dolfynkus, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb7b95f85450c5aba8895b5ad044c3488fb0edab3097026c1fe4cee723cf5c4520e4d06886cff35e971ceab8cb8a87217d8c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 4 Sandra Road Dolphin Coast 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -29.541394034189 31.215472429439

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang