Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beachcomber Bay

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan 75, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Beachcomber Bay is 'n mediterreense-styl gastehuis wat versier is in 'n Afrika-tema. Dit is op die grens van Margate en Ramsgate geleë met 'n uitsig oor die warm Indiese Oseaan. Hierdie rustige ligging is minder as 10 minute se stap na die middel van Margate - ideaal vir sakereisigers én vakansiegangers.

Elke kamer het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer. Daar is geriewe soos 'n TV met sekere DStv-kanale, yskassie, waaier (kamer 1 is die enigte kamer wat lugversorging het), koffie- en teemaakgeriewe en badkamerbenodighede (seep, sjampoe, lyfroom en stortjel).

Daar is gratis WiFi, 'n koordlose weerstasie en 'n klein biblioteek. 'n Jacuzzi is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik. Ons het 'n JoJo-tenk op die perseel, vir onbelemmerde watertoevoer en 'n kragopwekker sodat beurtkrag ons nie beïnvloed nie.

Daar is 'n privaat pad van die gastehuis af wat gaste direkte toegang gee tot die strand. Neem asseblief kennis dat daar honde op die perseel is. Die gastehuis is binne maklike bereik van 8 PGA-gegradeerde gholfbane, insluitend Selborne-, Southbroom-, San Lameer- en die Wild Coast Sun Gholfklub. Menigte doendinge en 'n verskeidenheid restaurante is maklik bereikbaar.

Gaste kan vriendelike gasvryheid, persoonlike diens en heerlike ontbyte by Beachcomber Bay geniet.

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Wanda P
5.0
Baie netjies, skoon en luuks - 'n moet om te sien. Het regtig baie lekker gebly! Baie bekostigbaar - beveel die plek regtig aan - pragtig skoon en luu...
Sien meer
Sep 2024
Adele W
Besigheidsreis
5.0
Heerlik gebly en sal beslis weer bespreek. Heerlik gebly en sal die plek enige tyd aanbeveel.
Jul 2024
Naomi C
Saam met lewensmaat
5.0
Waar is dit lekke - by Beachcomber Bay! Van aankoms tot vertrek was alles perfek! Die gasvryheid van die gasheer en -vrou het ons verblyf besonders ge...
Sien meer
Des 2023
Jacques M
5.0
Waarde vir geld, gemaklik en vriendelik. Goeie area, naby die strand, waarde vir geld en die werknemers is baie vriendelik.
Jul 2023
Anthony B
Besigheidsreis
4.8
Beautiful setting and comfortable room. Good stay — only stayed for one night.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Heinz & Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Marine-rylaan 75, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Beachcomber Bay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan 75, Ramsgate, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6358cbc22826fd882ce0630a8986432f0f0050446a58fa5e7f2381fb71442cfeef471684cfac290cfa4bfaf9420e2144a963?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 49 5 1 5 75 Marine Drive Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.871484 30.364344

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang