Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beachfront Bliss

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocherpan 54, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R9 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beachfront Bliss is 'n dubbelverdiepingvakansiehuis net 'n paar meter vanaf Dwarskersbos se strand. Dié huis is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek by die see.

Die stylvolle huis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n buitestort.

Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n binne- en buitestort. Die derde slaapkamer op die solder bied toegang tot 'n privaat balkon. Dié slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n rusbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n eiland met stoeltjies waar gaste ontbyt kan geniet. Die groot leefarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Daar is ook 'n gastetoilet op die onderste verdieping. Let asb. dat die huis nie 'n TV het nie, maar daar is wel WiFi. 'n Wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar.

Skuifdeure bied toegang tot 'n stoep met buitebraaigeriewe, 'n pizza-oond en 'n etenstafel, asook 'n houtdek met 'n verhitte plonspoel. 'n Privaat houtpaadjie bied direkte toegang tot die strand. Gaste kan gerus die enkel- en dubbelkajak en 2 fietse gebruik. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • Rocherpan 54, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 9 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 9 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocherpan 54, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaaa9bc521f40febb34233b002d33b8fc51b0e27c37c9179440a9af3d33928c7a81c8081cb486997d6a617b5af09e1f6ae65a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 500 per nag (plek vir 6) 54 Rocherpan Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.679906918083 18.246062683992

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang