Beachfront Bliss
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rocherpan 54, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R9 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Beachfront Bliss is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis wat net 'n paar meter van die Dwarskersbos-strand af geleë is. Die uitstekende ligging maak dit ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige strandwegbreek.
Dié stylvol gemeubileerde vakansiehuis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n buitestort.
Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en sluit ook 'n en suite-badkamer met 'n binne- en buitestort in. Die derde slaapkamer is op die solder geleë wat na 'n privaat balkon oopmaak en het 2 enkelbeddens asook 'n rusbank. 'n Stort is beskikbaar in hierdie kamer se en suite-badkamer.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. Die ruim leefarea is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Daar is ook 'n gastetoilet op die onderste verdieping. Neem asseblief kennis dat hierdie huis geen TV het nie, maar gaste het toegang tot WiFi. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër beskikbaar.
Die skuifdeure maak oop na die patio-area wat buitebraaigeriewe, 'n pizza-oond en 'n etenstafel het. Die houtdek het 'n verhitte plonspoel en lei na 'n privaat promenade wat direkte toegang tot die strand het. Een enkel- en 1 dubbelkajak is beskikbaar vir gaste om op die water uit te neem. Vir diegene wat die area wil verken, is 2 fietse ook beskikbaar. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Ligging
- Rocherpan 54, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rocherpan 54, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang