Beachfront Thompsons KTL1
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 79, Thompsons Beach, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R6 050 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Beachfront Thompsons KTL1 het 'n uitstekende strandfront-ligging met 'n houttrap wat reguit na die Thompson's Bay-swemstrand en -getypoel lei. Hiér kan gaste wat van die see hou sorgvrye vakansies geniet.
Die vakansiehuis met 'n skouspelagtige see-uitsig, 'n groot privaat swembad, 'n stoep en 'n braai-area bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea, -leefarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n ekstra stapelbed vir kinders onder 16 jaar. Die gaste-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. In 'n aparte opwaskamer is daar nog 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8, na die leefarea en na die sitarea langs die opwaskamer. Die leefarea en sitarea het albei gemaklike rusbanke en TV's met volle DStv-pakkette.
Die leefarea lei na die pragtige onderdakstoep met buitemeubels en braaigeriewe, én die swembad wat 'n panoramiese uitsig oor die see bied.
Die getypoel en maak hierdie plek nogal spesiaal. Dit is 'n lekker uitstappie vir 'n aktiewe gesin om van Thompsonsbaai na Willard Beach te stap en 'n piekniekmiddagete in te pak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderstapelbed
Leefarea
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 73
Resensies 215
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Ocean-rylaan 79, Thompsons Beach, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Beachfront Thompsons KTL1 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thompsonsbaai Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 79, Thompsons Beach, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang