Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beau Rivage 31

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pharos-laan, Plettenbergbaai, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Beau Rivage 31 bied selfsorgverblyf in 'n lieflike woonstel wat by die Piesangrivier in die Beau Rivage-kompleks geleë is.

Hierdie pragtige woonstel het lugversorging en beskik oor 2 slaapkamers wat bo is en slaapplek aan 4 gaste bied. Die lugversorgde hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n hoofbadkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kamer het ook 'n sitarea en tee- en -koffiemaakgeriewe, en spog met 'n asemrowende uitsig oor die rivier. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en maak gebruik van 'n tweede badkamer met 'n stort.

Onder is daar 'n ontwerpersitarea, 'n kombuis en 'n eetarea met 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Gaste kan hul maaltye om die viersitplek-etenstafel geniet of in die gemaklike sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale, Netflix en Showmax ontspan. Die dagbed wat by die venster in die leefarea staan, is die perfekte leeshoekie. Gratis WiFi is beskikbaar. Kinders is welkom maar let asb. daarop dat daar oop dammetjies en kanale op die landgoed is.

Verder het gaste 'n privaat stoep met stoepmeubels, braaigeriewe en direkte toegang tot die rivier. Die kompleks het ook 'n swembad en 'n muurbalbaan.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 16

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Pharos-laan, Plettenbergbaai, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pharos-laan, Plettenbergbaai, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf16659ac64c6dd1cd2116fc7bc35eb15f5ee721a8477c503782842bfa989f204b9f56060ee44fcb891c3c791ed916860653d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag (plek vir 4) Pharos Avenue Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.061418917938 23.373057315483

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang