Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beit Zata

Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 5 Sep 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 R1 667 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Beit Zata is 'n premium vakansiehuis vir tot 6 mense in Elandsbaai. Die huis het 'n gedeeltelike see-uitsig en is net 150 m van die strand af.

Die huis bestaan uit 2 ruim slaapkamers met instapkaste. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed, terwyl die tweede kamer 'n dubbelbed sowel as 'n enkelbed het. 'n Ekstra-lengte 3/4 bed is beskikbaar in die leefarea. Die een badkamer het 2 wasbakke, 'n stort en 'n toilet, en daar is 'n aparte gastetoilet met 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n vierplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskas en vrieskas. Die opwaskamer het 'n dubbelwasbak, 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n 50'-slim-TV met DStv, YouTube ens. Maar gaste moet hul eie wagwoorde vir die stroomdienste gebruik en hul eie dekodeerder en slimkaart vir DStv saambring. WiFi-toegang is ook beskikbaar.

Die huis het 'n groot stoep met braaigeriewe en parkeerplek is langs die huis beskikbaar. Rook en damp word nie in die huis toegelaat nie, maar wel op die patio. Dagbesoekers word toegelaat indien vooraf gereël, maar troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Beit Zata is net 'n entjie se stap van die strand af en is 500 m vanaf die middedorp wat 'n hotel, restaurante, kafees en 2 drankwinkels het.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Fiona L
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly. Sal vir seker weer daar gaan bly! Baie lekker gebly. Freda is 'n pragtige mens en ons is gasvry ontvang. Vars gebakte broodjie was ...
Sien meer
Sep 2024
Jean O
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly, Freda en Theo is aangename mense. Ja, algehele indruk is baie goed en sal die slaapplek met sy geriewe enigertyd aanbeveel. Die Sis...
Sien meer
Aug 2024
Pieter B
Saam met lewensmaat
5.0
Freda en Theo was fantasties. Baie welkom gevoel. Baie nice plek met spasie en alles wat jy nodig het.
Mrt 2024
Marie-louise G
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik en netjiese verblyf. Die huis was netjies en baie goed toegerus. Alles wat jy nodig het en meer. Ons het heerlik gebly en gerus.
Jan 2024
Francois D
Saam met lewensmaat
5.0
Owners Freda and Theo were wonderful, friendly, organised and caring — thank you. We will definitely be back. We loved the house, the v...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Freda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beit Zata het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
R 2 500 R 1 667
per nag, vir 6 mense
Vanaf R2 500
R 2 500 R 1 667
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMojnN9a1TDLib7Q2Ofqep9UEJsNN3i0sYhJofvpTDmljaUdz9F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 500 nouVanaf R1 667 per nag, vir 6 mense 22 5 1 5 8 Duine Street Elands Bay 8110 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.310030254187 18.343144932783

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang