Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Believers Destiny Getaway

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 2 Mrt 2025 tot 20 Mrt 2025.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
  • Vanaf R710 R604 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Believers Destiny Getaway is 25 km buite Swellendam in Heidelberg se rigting geleë en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n gesin of 'n groep vriende.

Dié verblyf maak gebruik van sonkrag en gas en bied verblyf in 3 eenhede, naamlik Vlakvark, Meerkat en BushCat. Elke eenheid het 'n privaat houtvuurwarmbad. Hout, braaivleis, wors, sosaties, ingelegde slaaie, konfyte, olywe, ys ,vuuraanstekers en nog vele meer kan op die perseel gekoop word by die lapa, maar gaste is ook welkom om hul eie vuurmaakhout te bring.

Daar is 'n lapa op die perseel met 'n winkel wat 'n groot verskeidenheid produkte verkoop. Ontbyt, sourdough blik broodjies en platters kan bestel word 1dag vooruit. Sourdough pizza's, milkshakes en mocktails is ook op die spyskaart. Indien voorsf gereël word, kan gaste se hot tubs vooraf verhit word teen 'n ekstra fooi.

Vlakvark bied slaapplek aan 5 gaste in 2 slaapkamers en daar is 'n badkamer met 'n stort, 'n toilet, baba-badjie en 'n lae wasbak wat dit ideaal maak vir kinders. Die kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof, eetgerei en breekware toegerus en tandestokkies, vullissakke, Sunlight-opwasmiddel en lappies word voorsien. Daar is nie 'n oond nie. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel vir die koue wintersaande. Op die stoep is daar 'n houtvuur-warmbad en braaigeriewe met 'n braairooster. Troeteldiere is welkom op versoek en teen ekstra koste. Die eenheid is omhein vir troeteldiere.

Die Meerkat is ideaal vir 'n paartjie en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n ruim stort, bad, toilet en die kenmerkende Meerkat-wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n vierplaat-gasstoof (geen oond), yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Skoonmaakmiddels word voorsien vir gaste se gerief. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n lekker kaggel vir daardie koue winteraande. Daar is ook 'n stoep met braaigeriewe en 'n braairooster. Let asb. daarop dat Meerkat nie troeteldiervriendelik is nie.

BushCat is 'n karavaan vir 2 gaste wat in 'n groter eenheid met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort omskep is. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof (geen oond), eetgerei en breekware toegerus. Klein hondjies word in hierdie eenheid toegelaat op versoek en teen ekstra koste. Die eenheid is omhein vir troeteldiere.

Gaste sal op 'n stuk grondpad van 4,5 km moet ry om by die huis te kom en moet dus asb. navraag doen oor die toestand van die pad voordat hulle bespreek. Die pad is meestal in 'n goeie toestand vir motors.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 168 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Christie V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het lekker ontspan en die plek met sy view baie geniet. Ons het baie lekker gebly. Die huis is baie netjies en gerieflik ingerig. Ons kon ook ons ...
Sien meer
Feb 2025
Stigue N
Saam met lewensmaat
5.0
A true getaway. I would recommend this space to anyone seeking peace. Magical. I've never seen so many stars in my lifetime.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Annemi S
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect getaway. Fantastic place, great view, perfect place to relax and unwind with your partner.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Johannes V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Rustig, back to basics. Lanklaas 'n donkie gestook.
Jan 2025
Robert F
Saam met lewensmaat
5.0
Very relaxing and peaceful. Our stay exceeded our expectations. The people were friendly and the house was very clean. Everything that ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Almarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 168

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
  • Gaste dink Believers Destiny Getaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R710
R 710 R 604
per nag (plek vir 2)
Vanaf R710
R 710 R 604
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 537, Rietkuil, Niekerkshek, 6743, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4241f10b2e39357b0d55111ba27ab4773cde901a69d9418033536eedfebdd152750698e6e20382492e1d1eeb8283de666286?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R710 nouVanaf R604 per nag (plek vir 2) 168 5 1 5 Plot 537 Rietkuil 6743 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.061113009359 20.680406091839

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang