Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bell Park Self-catering

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R600 Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R880 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bell Park B&B and Self-catering is in Champagne Valley in die Sentrale Drakensberge geleë. Dit is op ’n klein, veilige plaas met ’n groot tuin met 'n uitsig oor die Bell Park-dam. Alhoewel die plaas bedrywig is, is dit steeds rustig en bied dit die ideale wegbreek.

Daar is 'n woonstelletjie met slaapplek vir 2 langs die hoofopstal en dit het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kombuis, sitkamer met 'n slim-TV, 'n eetarea, WiFi, lugversorging, 'n kaggel en 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die tuin.

Die kothuis met slaapplek vir 4 beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n gastebadkamer met 'n stort. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, sitarea met 'n slim-TV, WiFi, 'n kaggel en 'n eetarea. Die kothuis het 2 stoepe en braaigeriewe met 'n uitsig oor die tuin. 'n Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

In die hoofopstal is 'n koningkamer, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n privaat ingang en 'n stoep. 'n Yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n slim-TV, WiFi en braaigeriewe is beskikbaar.

Champagne Valley bied verskeie restaurante, kroeë en koffiewinkels, kwintwinkels, spa-behandelinge, voetslaanpaaie, perdry, gholf, visvang, ’n avontuursentrum, ’n boomtoptoer, mini-gholf, vierwielmotorfietsritte, helikopter-ritte, bootritte, swem, Falcon Ridge Bird of Prey-sentrum, en Drankensberg Seunskoor. Die dorp Winterton is sowat 28 km ver.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Gail V
Gesin met tieners
5.0
Comfortable, clean, safe, convenient. We enjoyed our stay. It was like a home away from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Visser E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, baie dankie vir die gasvryheid. Sien sterre.
Jun 2024
Nick S
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful. Very peaceful, the hosts made us feel very welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Heinrich Z
5.0
Rustig en fantasties. Rosemary en Heidi is waardige gasvroue en het uit hulle pad gegaan om ons kuier aangenaam te maak. Dit is ongelooflik veilig en ...
Sien meer
Aug 2023
Mmabatho T
Saam met vriende
5.0
Lovely homey stay. Rose was an exceptional host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Rose-mary Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • R600 Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Bell Park Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R880
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R880
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R600 Champagne Valley, Winterton, 3340, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3c4e1caf2cff0f5329e5f22b84b2102f9392bd89489f7f823989ae928d2be178c4a413772b1a50215b9d4d24ea86fdca0806?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 R600 Champagne Valley Winterton 3340 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.967863824758 29.429949171793

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang