Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bella Vista @ Village-Living

Spesiale Aanbod 20% af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Sonop en Gamtoosstraat, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 600 R2 880 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Bella Vista is 'n bekoorlike selfsorghuis in die hartjie van die Swartland-streek. Bella Vista se stylvolle ontwerp skep 'n esteties omgewing waar gaste kan ontspan en die area kan verken. Die Swartland is 'n gebied in die Wes-Kaap van Suid-Afrika wat vir sy skilderagtige landskappe, wingerde en bekoorlike plattelandse atmosfeer bekend is. Hierdie streek is ook vir sy wynproduksie, veral 'n hoëgehalte Shiraz- en Chenin Blanc-variëteite, bekend.

Dié pragtige huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer lei na 'n privaat stoep met 'n uitsig oor die swembad en houtvuur-warmbad en daar is 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die gaste van hierdie slaapkamer gebruik die gaste badkamer met 'n hoekbad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en eiland met stoele toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n kindersitarea wat gemaklike sitplek het en as ekstra slaapplek, wat vooraf gereël moet word, dien. Daar is 'n slim-TV met toegang tot YouTube, Showmax, Netflix en DStv, wat gaste op hul eie rekeninge kan gebruik. Die aangrensende binnebraai-area het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met toegang tot stroomtingsdienste wat gaste met hul eie rekeninge kan gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die stapeldeure lei na 'n groot onderdakstoep met 'n rustige atmosfeer, gemaklike sitplek en 'n buitebraai. Daar is 'n houtvuur-warmbad en plonspoel met 'n pragtige uitsig. Hierdie geriewe laat gaste toe om te ontspan en die pragtige omgewing in te neem.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel agter 'n omheinde hek of voor die huis.

Die huis het 'n alarmstelsel en daar is 'n volledige sonpaneelstelsel en die huis word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

1 x Koninggrootte-bed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Carla T
5.0
Home away from home, plus a jacuzzi! We absolutely loved staying at Bella Vista @ Village-Living! It was the perfect break away from re...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Anna-mart L
Gesin met tieners
5.0
Lovely location, stunning accommodation and friendly helpful host. We had a great time. The house is stunning and we had everything we ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Zita T
Saam met vriende
5.0
We'll be back. What an absolute treat. Clean, warm, and was everything we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Vanessa S
5.0
Sal elke naweek daar kan gaan rus . Flippen lekker gebly, ons kon tot laat saans buite sit, almal voor die vuur om die tafel met geen fone, net mekaar...
Sien meer
Apr 2024
Olga P
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome, lekker, lieflik. Wow. 3 aande van gemaklike slaap, rustigheid en lekker swem, en die aand wat ons kon afsluit met 'n warmbad. Mooiste huis. M...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Ennerien Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 63

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hoek van Sonop en Gamtoosstraat, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bella Vista @ Village-Living het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
R 3 600 R 2 880
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 600
R 3 600 R 2 880
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Sonop en Gamtoosstraat, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfe3a7447901db479a18647817aa6b8e1a3b08adeda679b4c4dd0c0c59662cacba52d0050f1271c3f1b7dd6de6e72cb674b8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 600 nouVanaf R2 880 per nag (plek vir 8) 13 5 1 5 Corner of Sonop and Gamtoos Street Koringberg 7312 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.018791499458 18.682200388085

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang