Bella Vista @ Village-Living
Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4. Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Sonop en Gamtoosstraat, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 600R2 880 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Bella Vista is 'n bekoorlike selfsorghuis in die hartjie van die Swartland-streek. Bella Vista se stylvolle ontwerp skep 'n esteties omgewing waar gaste kan ontspan en die area kan verken. Die Swartland is 'n gebied in die Wes-Kaap van Suid-Afrika wat vir sy skilderagtige landskappe, wingerde en bekoorlike plattelandse atmosfeer bekend is. Hierdie streek is ook vir sy wynproduksie, veral 'n hoëgehalte Shiraz- en Chenin Blanc-variëteite, bekend.
Dié pragtige huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer lei na 'n privaat stoep met 'n uitsig oor die swembad en houtvuur-warmbad en daar is 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die gaste van hierdie slaapkamer gebruik die gaste badkamer met 'n hoekbad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en eiland met stoele toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na 'n kindersitarea wat gemaklike sitplek het en as ekstra slaapplek, wat vooraf gereël moet word, dien. Daar is 'n slim-TV met toegang tot YouTube, Showmax, Netflix en DStv, wat gaste op hul eie rekeninge kan gebruik. Die aangrensende binnebraai-area het gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met toegang tot stroomtingsdienste wat gaste met hul eie rekeninge kan gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die stapeldeure lei na 'n groot onderdakstoep met 'n rustige atmosfeer, gemaklike sitplek en 'n buitebraai. Daar is 'n houtvuur-warmbad en plonspoel met 'n pragtige uitsig. Hierdie geriewe laat gaste toe om te ontspan en die pragtige omgewing in te neem.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel agter 'n omheinde hek of voor die huis.
Die huis het 'n alarmstelsel en daar is 'n volledige sonpaneelstelsel en die huis word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Ennerien Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 61
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Hoek van Sonop en Gamtoosstraat, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Gaste dink Bella Vista @ Village-Living het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Koringberg Swartland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Sonop en Gamtoosstraat, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang