Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bellevue Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bellevue Plot, Watsonia-weg, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bellevue Cottage bied gemaklike selfsorgverblyf in die ongerepte natuur van die Magaliesberg, net 10 minute van Rustenburg se middedorp en minder as 50 km van Sun City af.

Akkommodasie bestaan uit 2 smaakvol versierde kothuise wat toegerus is vir selfsorg. Kothuis 1 bestaan uit 'n en suite-badkamer met 'n dubbelbed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n tweede badkamer met 'n ovaalbad, toilet en wasbak en 'n derde, kleiner badkamer met 'n toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas en vrieskas, 'n stoof, mikrogolf, koffiefilter, broodrooster en breekware en eetgerei.

Kothuis 2 bestaan uit 2 en suite-slaapkamers met dubbelbeddens en 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg met 'n yskas en vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, koffiefilter, broodrooster en breekware en eetgerei. Albei kothuise is toegerus met 'n leef- en eetarea en gaste het toegang tot 'n veranda buite met braaigeriewe. 'n TV met DStv-hotelpakket, beddegoed, lugversorging en 'n kluis word voorsien. Albei kothuise het alarms en parkeerplek word voorsien.

Die Magaliesbergstreek is veral gewild weens die panoramiese uitsigte en helder sterrehemel wat jy hier kan bewonder. Bellevue Cottage is 1 km van Rustenburg Gholfklub af, 74 km van Pilansberg Nasionale Park af en minder as 45 minute van Pilansberg Internasionale Lughawe af.

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Ronel D
5.0
Plaas ervaring. Heerlike, gerieflike en warm verblyf vir die winter. Geen verkeer wat ons plattelanders pla nie.
Jun 2024
Chriszelda K
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gebly. Toekomstige gaste sal dit net so geniet soos ons. Ons het baie lekker gebly. 'n Warm, huislike kuier atmosfeer met vriendelike gasvryhe...
Sien meer
Mei 2024
Johan P
4.6
Dit was wat ek nodig gehad het! Ek het lekker gebly, dankie!
Feb 2024
Bertus R
Saam met vriende
4.6
Baie dankie vir alles. Ons het baie lekker gebly. Sal dit aanbeveel vir enige iemand.
Des 2023
Anzett V
4.2
Baie gasvry, goeie reelings met aankoms. Baie gasvry. Oulike plek.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ronelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Bellevue Plot, Watsonia-weg, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Gaste dink Bellevue Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Rustenburg Noordwes
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bellevue Plot, Watsonia-weg, Rustenburg, 0299, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA16ee5c7d42055e77ab36fb3fa9e19c4a59b5d0330da2c921674f0b7679156f01c1d95c9f8a57c59173f49f18ea289af62180?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Plot Bellevue Watsonia Road 0299 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.672120615854 27.19577819109

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang